Vuurslag

Oor aktuele sake en ander dinge wat my opgewonde maak.

Gesiggestremdes en Captchas

Dis ‘n algemene verskynsel wanneer jy aansoek doen vir ‘n rekening vir ‘n webgebaseerde kommunikasieplatform soos e-pos of sosiale netwerke. Jy moet ‘n prentjiekode intik wat op jou skerm verskyn. Dit word gedoen om te keer dat ouens wat graag gemorspos op die internet rondstuur nie deur middel van outomatiese programatuur rekeninge op hierdie diensverskaffers se platform oopmaak nie. Die aansoekvorm moet deur ‘n menslike gebruiker self ingevul word wat die prentjiekode moet kan sien wat op die skerm verskyn.
Die groot probleem met hierdie grafiese verifikasiekodes, ook bekend as Captchas, is dat baie mense wat sukkel met sigprobleme en veral diegene wat van spraakprogramme gebruik maak nie hierdie prentjiekodes kan lees nie. Sommige van hierdie diensverskaffers het wel ‘n soort oudio captcha vir sulke mense, maar die woorde wat jy moet intik word dikwels in ‘n hele sin versteek. Hoe op aarde moet ons raai watter is die regte kodewoorde? Julle moet eerder daaraan dink om die kodewoorde net so in die klankgreep te sit en dit nie tussen ander woorde te versteek nie.
Ek wonder of daar al mense daar buite is wat al ‘n oplossing vir hierdie soort probleem gekry het? Kan die diensverskaffers nie eerder daaraan dink om eerder vir nuwe aansoekers ‘n e-pos te stuur met ‘n bevestigingskakel nie? WordPress.com doen dit aalreeds met hulle nuwe aansoekers wat ‘n rekening en ‘n blog wil oopmaak. Ek is dankbaar dat hulle nie captchas van my gevra het nie, anders sou hierdie blog nie moontlik gewees het nie.
Hopelik sal die dag gou kom dat ons as gesiggestremdes in die privaatheid van ons eie kamer ons rekeninge vir Facebook, Twitter, Gmail en ander dienste self kan oopmaak in plaas daarvan om iemand te vra om ons te help daarmee en so ‘n persoon toe te vertrou met jou wagwoord, en ander persoonlike besonderhede.

4 reaksies op “Gesiggestremdes en Captchas”

  1. Vuurslag

    Hoe de duiwel kry jy dit reg om my disleksikaans te ontsyfer met ‘n spraak programk. Dink jy daar is ‘n boehoefte om Harry se stories ook in audio fromaat weer te gee?

    Like

  2. Hallo Bierpens. Jou disleksikaans is glad nie so sleg as wat jy dink nie. Ek volg jou al van Kekkel se begindae af via my selfoon en later met ‘n laptop. Ek reken daar is ‘n behoefte om Harry se stories ook in oudioformaat te kan sit, alhoewel ek dit ook gemaklik kan lees met die spraakprogram. Dalk moet ons ‘n regte sandvelder of Namibiër kry om die stories vir ons te lees.

    Like

  3. nou raak jy moeilik … waar gaan ek so iemand kry …

    Like

  4. Hahaha, nee grap sommer net. Die Sandvelder en Namibiër is sommer net vir ekstra effek.

    Like