Die wit rus

April 30, 2010

Ek het anderdag op nog ‘n interessante storieblad afgekom danksy een van die deelnemers op Bierpens se blog wat ‘n skakel na hierdie webwerf geplaas het.
http://www.diewitrus.co.za/
Hierdie is nou wel nie ‘n WordPress.com blog nie, maar dis nogtans ‘n baie goeie plek om te lees as jy stories soek wat jou lekker kan laat lag, jou laat terugdink aan die goeie ou dae en jou soms in trane laat uitbars. Verder is daar ook tussen al die stories ‘n paar los gedagtes en ernstige praatjies wat ons as Afrikaners, maar ook enigiemand anders, beslis ter harte kan neem.
Ek hoop julle geniet dit sommer baie.

%d bloggers like this: