Jammer vir die lang stilte

Mei 15, 2010

Ek was vir ‘n hele rukkie lank stil gewees op my blog omdat ek rekenaarprobleme gehad het. Van my programme het te veel updates afgelaai en my lugtyd opgevreet. Gelukkig het die slim manne op ons dorp gister die probleem uitgesorteer. Ek was op ‘n stadium bang dat ek kwaadwillige programatuur ook op my rekenaar gekry het wat so baie data afgelaai het, maar gelukkig was dit darem nie die geval nie. Intussen gaan die land gebuk onder die transnetstaking wat dreig om ons ekonomie en infrastruktuur kort voor die groot WB 2010 sokker erg seer te maak. Ek moet erken ek het hierdie week nie die
Transnetstaking so slaafs nagevolg nie omdat ek by my nuwe werk self ‘n staking beleef het. Gelukkig was ek nie een van die stakers nie, maar dit het wel veroorsaak dat ek heeltemal buite aksie gestel was. Wys jou net wat ‘n staking in ‘n werksplek kan doen.
Dit wil vir my ook lyk of die groot winterkoue ook begin nader kruip. Winter is gewoonlik my gunsteling seisoen omdat jy jouself teen die winterkoue kan beskerm, maar jy kan jou nie altyd verskans teen die somer se erge hitte nie.
Geniet die res van julle naweek. Ons gesels beinnekort weer lekker.

One Response to “Jammer vir die lang stilte”

  1. bierpens Says:

    Hi Vuurslag …

    Jy het ‘n intresante week … wel veral naweek gemis, maar alles is terug normaal toe … bly om te hoor dit was nie te ernstig nie … ja die updatees maak mens bankrot … gee my sooibrand dat ek R6500.00 vir ‘n laptop betaal met alles op en nog R4000.00 se bandwydte om dit in werking te kan stel …

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: