Vuurslag

Oor aktuele sake en ander dinge wat my opgewonde maak.

Dis warm vannag

Dis vannag weer een van daardie warm soel somersnag na ‘n lang warm dag. Warm somersdae is ‘n gegewe, maar dis nagte soos hierdie wat my omkrap omdat mens sukkel om te slaap. Boonop voel jy altyd dors en gaan soek jy gereeld iets koels om te drink. Ek hoop net hierdie hittegolf trek oor voor Kersfees.