Vuurslag

Oor aktuele sake en ander dinge wat my opgewonde maak.

sport

  • Sterkte vir die Bokke

    Baie sterkte aan die Springbokke met Vrydag se wedstryd teen Samoa. Ohs het nog altyd gespog met ‘n goeie wenrekord teen hulle, maar ons moenie te houtgerus raak oor hulle nie, hulle maak vordering. Sondag het die Samoane juis vir Fidgi met 27-7 geklop. Hierdie is ons laaste groepwedstryd. As ons wel teen Samoa verloor… Read more

  • Rugby uitsaairegte

    Ek wonder die laaste tyd bietjie oor hoe die uitsaairegte vir rugby werk. Vir die tweede jaar saai RSG nie die Springbokke se Europese toer uit nie omdat hulle nie die uitsaairegte kon kry nie. Ek verneem ander radiostasies kon ook nie uitsaairegte kry nie. Verlede jaar het ek hulle nog verskoon omdat hulle dalk… Read more

  • Wanneer twee kusreuse bots

    Baie geluk aan WP en Natal wat in die Currybeker eindstryd teen mekaar te staan gaan kom. Die Natalse Haaie het die Bloubulle van Noord-Transvaal met 16-12 gewen. Ek wonder wat met die bulle geskort het. Die WP het die Vrystaatse Cheetahs met 31-7 gewen. Ek wonder wat oor die Vrystaters se lewe geloop het… Read more

  • Bulle vs bye, so amper.

    Ek sit en luister na die wedstryd tussen die bulle en haaie. Die wedstryd was vir ‘n paar minute vertraag nadat bye in die sponsomhulsel van die borge se advertensieborde nes gemaak het. Minstens drie van die borde moes verwyder word. LGelukkig het niemand seergekry nie, maar nou lyk dit asof die bulle net nie… Read more

  • Ek moet erken ek verstaan nie altyd die doel van vyfdagkrieket nie. Vir vyf dae staan die spelers in die warm son en swoeg en sweet net om op die ou einde ‘n onbesliste uitslag te kry. Dit het nou al in die laaste twee toetse gebeur tussen Suid-Afrika en Engeland. SA kan nou nie… Read more