Wat het van WordPress.com se mobiele bladuitleg geword?

Maart 27, 2012

Op 20 Oktober 2009 het WordPress.com ‘n interessante nuwe funksie tot hulle webjoernaalplatform toegevoeg. As jy met jou selfoon na ‘n WordPress.com blog gaan, word daar outomaties ‘n ligter weergawe van die blog op jou foon gelaai. Hierdie kleiner bladuitleg maak dat die blogs baie vinniger op jou selfoon se webblaaier laai en dis ook goedkoper om blogs op jou selfoon te lees omdat dit minder kilogrepe trek.

Maar vanaand sien ek dit het heeltemal verander. In plaas van die WordPress.com mobiele bladuitleg wat deur Alex King ontwerp is verskyn daar nou ‘n bladuitleg wat baie lyk soos die 2011 bladuitleg wat verlede jaar vrygestel is en deur die WordPress.com span ontwerp is. Die bladsye is nou heelwat groter en hoewel my foon dit nog kan lees, sal veral diegene wie se selfone kleiner skerms het probleme ondervind om hierdie bladsye gemaklik te lees. Verder gaan dit ook nou duurder kos om blogs op jou selfoon te lees.

Die groot vraag is nou of WordPress.com self hierdie veranderinge aangebring het en of daar dalk ‘n fout op die webbediener of die programmatuur ingesluip het?

Ek hoop vir al ons selfoongebruikers wat lief is om blogs op ons selfone te lees se onthalwe dat hierdie net ‘n tydelike probleem is wat spoedig opgelos sal word.

2 Responses to “Wat het van WordPress.com se mobiele bladuitleg geword?”

  1. alleman Says:

    Dit bestaan nog steeds, maar of jou foon dit vertoon hang van baie dinge af, byvoorbeeld watter blaaier jy op jou foon gebruik.

    Heel waarskynlik het jy op die “View Full Site” skakel gekliek, en toe stoor jou foon se blaaier dit as jou voorkeur in ‘n cookie.
    So as jy jou foon se cookies verwyder, kry jy dalk die selfoon weergawe terug.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: