Malema blaas weer haat aan voor ANC eeufees

Januarie 7, 2012

Julius Malema, die geskorsde leier van die ANC Jeugliga, het tydens sy toespraak in Thaba Nchu beweer dat blankes wat swart huishulpe het hulle in die baas en madam se slaapkamer verkrag en dat hulle niks kan sê nie omdat hulle hul werk sal verloor.
Volgens hom wil hulle nie wittes die see injaag nie. Oor tien jaar moet daar ook wit huisbediendes wees. Ek vra jou liewe leser, waarvoor? Sodat hulle hierdie blanke huishoudsters ook kan mishandel en verkrag soos wat hulle beweer ons doen?

Verder het Fikile Mbalula ook in sy toespraak sterk te velde getrek teen die ANC leierskap. Die ANC Jeugliga is ‘n outonome en militante organisasie en die ANC hoofstruktuur moet dit nie probeer verander nie. Hy het ook die een en ander te sê gehad oor ANC-leiers van gister en vandag.
Die skares het na die tyd weer die gewraakte haatgesang Skiet die Boer gesing, terwyl Malema weer sy afgewaterde weergawe van hierdie liedjie, Shoot to Kill, Kiss the Boer, gesing het.
As ek my nou nie misgis het nie, het die regter wat verlede jaar Afriforum se haatspraaksaak teen Malema behartig het, ook gesê dat hierdie Kiss the Boer weergawe ook as haatspraak deurgaan. Die gemiddelde mens is inteligent genoeg om die woord Kiss met Shoot te vervang.

Hierdie gebeurtenis laat natuurlik vrae ontstaan oor hoe toepasbaar die handhawing van verlede jaar se hofuitspraak werklik is. Hoe vervolg jy ‘n hele skare in ‘n stadion of saal wat hierdie verbode haatlied sing? As jy bietjie aan jou saak werk kan jy nog vir Malema kap oor sy Kiss the Boer, shoot to Kill liedjie. Hoe kan jy een oomblik wil soen en die ander oomblik wil skiet? Soos Dr. Pieter Mulder sou sê, dis net die katfamilie wat kan vry en baklei tegelyk.

Verder lyk dit of prisident Jacob Zuma ook diep in die verknorsing is hierdie jaar. Voor Malema se aankoms het die skare glo gesing: “Malema, bid asseblief vir ons, die stort gee ons probleme.” Dis ‘n nuwe anti-Zuma lied wat Malema gesing het tydens ‘n ANC provinsiale konferensie in Noord-Transvaal terwyl hy gedans het en sy hand soos ‘n stortkop bo sy kop gehou het.

Die groot vraag is natuurlik wat Afriforum en Solidariteit aan hierdie soort wangedrag gaan doen? Gaan dit nog help om nog ‘n hofsaak te maak of moet hulle dit eerder by die Internasionale strafhof in Den Haag aanmeld? Of dalk by die Verenigde Nasies se Algemene vergadering in New York?

Intussen wens ek alle Bloemfonteiners sterkte toe vir hierdie naweek. Mag alles ten spyte van die moomtlike probleme tog vreedsaam verloop en mag die misdaad so laag as moontlik wees.

One Response to “Malema blaas weer haat aan voor ANC eeufees”

  1. Johan Pieterse Says:

    Hier is ie snelskakel na die oorspronklike berig in Beeld. Ek sukkel om snelskakels te plaas vir die Wordpres.com gadget
    http://m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Huishulpe-by-werk-verkrag-20120106

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: