Nabot se wingerd

Januarie 2, 2012

Diegene van julle wat al ‘n paar jaar op die Afrikaanse platform van WordPress.com ‘n webjoernaal bedryf en wie al by Bierpens se webjoernale gekuier het sal seker nog vir Harry Louw onthou. Hy was ‘n gereelde skrywer op die webjoernaal Die plaas, te besigtig by: http://www.bierpens.co.za asook op die gemeenskapsblad Kekkel op die plaas wat intussen op privaat gestel is en nie meer nuwe inskrywings ontvang nie. Hy is ‘n top storieverteller wat al heelwat geskryf het oor sy wedervaringe in die Namakwaland, sy studentedae en later sy lewe in Namibië waar hy tans woonagtig is.
Vir ‘n hele ruk lank was hy stil in die blogwêreld, maar ek is bly om te sien hy is weer terug met net sulke goeie stories en vertellings soos altyd. Hierdie keer het hy sy eie blog op Letterdash wat besigtig kan word by:
http://letterdash.com/HarryLouw
Hierdie webjoernaal is ook nie so nuut nie. Ten tye van hierdie skrywe was daar al reeds 39 skrywes daarop en ek is nuuskierig om verder te gaan lees waarmee hy nog alles vorendag gekom het.
Soos ek al voorheen opgemerk het, vat dit ‘n begaafde storieverteller om ‘n goeie storie uit ‘n gewond onopmerklike alledaagse situasie voort te bring. Harry is beslis een van daardie begaafde
storievertellers.
Geniet dit baie.

%d bloggers like this: