Sterkte vir die Bokke

September 28, 2011

Baie sterkte aan die Springbokke met Vrydag se wedstryd teen Samoa. Ohs het nog altyd gespog met ‘n goeie wenrekord teen hulle, maar ons moenie te houtgerus raak oor hulle nie, hulle maak vordering. Sondag het die Samoane juis vir Fidgi met 27-7 geklop.
Hierdie is ons laaste groepwedstryd. As ons wel teen Samoa verloor sal ons ons plek in die kwarteindrondte kwyt wees ten spyte van die manier hoe ons die arme Namibiërs verpletter het. Kan jy nou meer, 87-0 nogal. Ek het maar bietjie jammer vir hulle gevoel omdat ons tog redelik noue bande met hulle het. Hulle is vir ons amper soos ons eie mense en was ook vir ‘n geruime tyd ‘n mandaatgebied van Suid-Afrika.
Ek sal maar sien hoeveel ek van Vrydag se wedstryd kan luister. Maar selfs al sal ek nie kan luister nie is my hart net by die Bokke. Baie sterkte vir julle. Probeer om ons in die kwarteindrondte te kry.

%d bloggers like this: