Vuurslag

Oor aktuele sake en ander dinge wat my opgewonde maak.

Wat hou 2011 in vir die Afrikaanse blogs?

Soos wat ek weer vanaand op die Afrikaanse WordPress blogs rondswerf is dit vir my weer verblydend om te sien dat die blogs weer nuwe lewe kry met nuwe toetreders sowel as ‘n paar van die ou gunstelinge wat meer aktief is op hulle webjoernale.

Ek het al in 2009 begin blog en dit was voorwaar ‘n interessante jaar. Ongelukkig was daar ook heelwat probleme daardie jaar met spotters en trolle wat hullle rondtes hier kom doen het en baie mense se pret bederf het. Ek het in daardie tyd al gesê dat die Afrikaanse webjoernale die potensiaal het om ons lesers sowel as ons bloggers op te voed en te vermaak. Juis daarom moet ons ons nie met sulke kleinlikhede besig hou nie. Ongelukkig het hierdie faktore sy merk op die blogs gelaat toe ‘n hele paar van ons geliefde skrywers besluit het om eerder blogland te verlaat.
Verlede jaar het op ‘n positiewe noot begin toe dit gelyk het asof die gemeenskap van Afrikaanse WordPress bloggers gaan herstel na die skandes en skades van 2009. Ongelukkig het dit later gevoel asof daar ‘n soort doodsheid op die blogs ingetree het. Daar was nog steeds interessante artikels wat verskyn het, maar dis asof daar nie dieselfde energie was soos wat daar die vorige jaar was nie. Selfs ek het my eie blog maar bietjie afgeskeep toe ek my eerste werk gekry het. Dit het my besig gehou en ek het minder tyd gehad om leeswerk te doen vir nuwe inspirasie vir my skryfwerk.
ek hoop ons kan hierdie jaar dieselfde energie behou waarmee ons begin het.
Sommer net ‘n interessante vraag: hoeveel Afrikaanse bloggers het al gaan inloer by WordPress se nuwe uitdaging vir 2011? Gaan loer in by:
http://dailypost.wordpress.com/
Daar kan jy baie hulp en inspirasie kry om jou blog aan die gang te hou. Alle onderwerpe is opsioneel en jy hoef nie daarvan gebruik te maak nie. Ek hoop wel dit kan help om ons heeljaar aan die gang te hou.
Dit was juis op bogenoemde blog waar daar ‘n interessante CNN-artikel verskyn het oor WordPress se uitdaging om elke dag of elke week ‘n inskrywing te plaas. Baie bloggers se nuwejaarsvoorneme vir vanjaar is om minder sosiale media te verbruik en eerder self meer materiaal te produseer. Dis voorwaar interessant.
Mag die nuwe jaar vir julle ‘n baie produktiewe jaar wees.

4 reaksies op “Wat hou 2011 in vir die Afrikaanse blogs?”

  1. dagseg Vuurslag… Ja die Afrikaner het homself groot skade aangedoen met optredes van 2009/10. Ons lewe skaamteloos in ander se binne kamers. Soos ons sukkel om mekkaar te aanvaar bly die volkie steeds die hoeksteen van
    Die land se ekonomie.

    Like

    1. Hallo Bierpens. Dis ‘n verrassing om jou weer hier raak te loop. Ja, die vraag is net hoe lank ons nog die hoeksteen van die ekonomie gaan bly met al die oproepe vir nasionalisasie en grondhervorming wat al harder klink. My hoop is dat ons as volk nader aan mekaar sal beweeg namate ons omstandighede versleg en dat ons elemente sal uitskakel wat ons op ‘n dwaalspoor wil lei.

      Like

  2. as ons wil oorleef sal ons mekaar moet begin verdra …. Niemand anders gaan ons oorlewing hier verseker nie

    Like

    1. Ek stem heelhartig saam.

      Like