Rowwe week vir Afrikaners en blankes

November 13, 2010

Hierdie week was voorwaar ‘n rowwe week vir blankes en Afrikaners. Ons het behoorlik deurgeloop onder die skerp tonge van belangrike figure binne die ANC-regime soel as ‘n beoordelaar van die gewilde Pop Idols reeks op M-net.
Die beoordelaar, Mara Louw het op Sondag 7 November gekla omdat ‘n swart deelnemer nie die kompetisie gewen het nie. Swartmense het glo nie toegang tot DSTV nie en daarom kon hulle nie stem nie. Later die week het dit wel uitgekom dat die swart deelnemers wel op ‘n stadium
wel gewild was en ‘n kans gestaan het om te kon wen. Ek het nooit gehoor dat Louw verskoning gevra het vir haar uitlatings nie.
Daarna was ons weer onder skoot nadat Maggie Sotyu, adjunk-minister van polisie, hierdie week in die parlement beweer het blanke misdadigers word ligter gestraf as swart misdadigers. Sy het dit gesê na die vrystelling van ‘n verslag deur die Instituut vir Geweld en versoening waarin beweer word Apartheid en die trekarbeidstelsel die rede is hoekom misdaad in Suid-Afrika so gewelddadig is. Sotyu is uit verskeie oorde skerp veroordeel vir haar uitlating.
Verder het die ANC Jeugliga ook hierdie week gesê dat die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein, Pretoria, verwyder moet word en vervang moet word met ‘n standbeeld van Chris Hani met ‘n groep MK vryheidsvegters om hom.
Afriforum Jeug het in reaksie hierop gesê hulle is bereid om hulself aan die standbeeld vas te ketting om dit te behou as dit sou nodig ord.
Laastens het Fikile Mbalula, Minister van Sport, ook gesê dat skolerugby volgens hom te wit is en dat transformasie daar nodig is, d.w.s. hulle wil meer swartes in rugbyspanne hê.
As daar nou een ding is wat nou vir ons duidelik is, dan is dit dat selfs die Anc nie eers glo aan die versoeningspropaganda waarmee hulle ons gevoer het nie. Hoekom moet ons nog daaraan glo? Ons word vertel dat almal sogenaamd gelyk is maar dan word blankes uitgesonder vir haatspraak. Hierdie uitsprake word op die ou einde ongestraf gelaat.
Is dit enigsins ‘n wonder dat ons mense al hoe meer daarop aandring om ons eie volkstaat en eie volksowerheid te kry? Ons voel eenvoudig nie tuis in die ANC-regime se Mzanzi nie.

6 Responses to “Rowwe week vir Afrikaners en blankes”

  1. johanna79 Says:

    nou onthou ek weer hoekom ek nie korante lees en nuus kyk nie. maar ja mens raak moedeloos. op skool was een van my gunsteling voorgeskrewe engelse boekke GEORGE ORWELL SE ANIMAL FARM. ALL ANIMALS ARE EQUAL – – BUT SOME ARE MORE EQUAL THEN OTHERS. dis gebaseer op die bolshiviks en menshiviks in rusland. dis presies wat in sa aan gaan… histiry repeats its self… dinge gaan weer draai, dit moet net… intussen bly ek maar weg van die news stands.

    Like

    • vuurslag Says:

      Hallo Johanna. Baie dankie vir die inloer. Ek het al vantevore jou blog gelees. Ja, ek neem niemand kwalik wat voel dat hulle heeltemal van koerante en die nuus wil wegbly nie. Ek is weer een van daardie ouens wat wil sien watter gevaartes op my afkom, dis hoekom ek soveel nuusbronne lees. Nie net die hoofstroommedia nie, maar ook nismarkmedia wat spesifiek op ons as Afrikaners gerig is wat vir jou die storie agter die storie gee. Wat die kommuniste en bolsjewiste aanbetref, ek stem saam met jou. Ons kon gerus meer ag geslaan het op die waarskuwings van ons ouer mense wat van hierdie dinge geweet het. Maar nou ja. Dinge sal weer draai, ons het net die moderne helde in ons volk nodig om dit te laat gebeur. Vraag is: het ons wel die nodige mense om dit te laat gebeur?

      Like

  2. Olga Says:

    Die volkstaat is ‘n edel gedagte, maar ons moet kyk hoe die vroue en kinders in die tuislande vaar om te weet hoe ons in die volkstaat sal vaar. Toegegee, die blankes kak af. Dis ‘n ligte straf om ‘n witman wie ‘n swartman agter sy bakkie aangesleep het, (barbaars) op R50 000 borg uit te laat, maar Eugene Terre Blanche se MOORDENAAR was uit op R5 000 borg. Hoe proe dit? Vir my proe dit beslis na rassisme.

    Like

    • vuurslag Says:

      Toegegee, ons sal in ‘n volkstaat nie so voorspoedig wees soos in SA nie, maar ek glo wel ons sal ‘n bestaan kan maak. Sommige van ons armer volksgenote kan selfs bietjie vooruit gaan. Ja, Ek stem ook saam met jou, die voorbeeld wat jy genoem het ruik beslis na rasisme.

      Like

  3. hx Says:

    Weereens, almal moet vergewe en vergeet. Daar was al genoeg tyd vir almal om op dieselfde vlak te kom. Hoe kan sommige SWART mense suksesvol wees in sport, besigheid en kultuur, en ander nie? Hoe kan sommige WIT mense suksesvol wees in sport, besigheid en kultuur, en ander nie? Dit gaan oor individuele wilskrag. Jy moet jou eie geleenthede skep. Deur dié boontoe te stoot wat nie daar hoort nie skep jy ‘n swak fondament vir ons land se toekoms, hetsy op sport-, kulturele- of besigheidsvlak.

    Like

    • vuurslag Says:

      Ek stem saam met jou. Laat elkeen toe om uit te styg in iets waarin hy goed is. As dit sou blyk dat sekere rasse op ‘n gegewe tydstip beter doen in ‘n sekere aktiwiteit, laat dit dan so wees. Moenie dit altyd aan diskriminasie toeskryf nie. Dis natuurlik ‘n goeie vraag of mense wel sal vergewe en vergeet, veral as die regering en andere hulle juis wil laat onthou en haat sodat hulle eie tekortkominge weggesteek kan word.

      Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: