Nog ‘n groot staatsdiensstaking op pad

Augustus 7, 2010

Volgens nuusberigte in die media kan ons vanaf 10 Augustus ‘n groot staking deur staatsamptenare verwag. dIS veral die vakbonde wat lid is van die vakverbond COSATU wat aan hierdie staking gaan deelneem. Hulle verteenwoordig meer as 1 Miljoen staatsamptenare. Hierdie staking het die potensiaal om selfs groter te wees as die
staatsdiensstaking van 2007.
Dis vir my totaal verregaande dat hierdie vakbonde bereid is om die hele land tot stilstand te ruk oor ‘n loonverskil van sowat 1.6% tussen hulle looneis en die staat se aanbod. Die staat het onlangs sy loonaanbod hersien en bied tans ‘n verhoging van 7% aan terwyl die vakbonde ‘n verhoging van 8.6% eis. Hulle dreig voorts dat dat hulle op ‘n onbepaalde
staking kan gaan as die staat nie gehoor gee aan hulle looneise binne 24 uur vanaf 10 Augustus nie.
Ekself werk by ‘n staatsinstelling wat negatief geraak kan word as werknemers by ons sou besluit om aan die staking deel te neem. Verder vrees ek ook vir dinge soos intimidasie van nie-stakende werkers, veral diegene wat noodsaaklike dienste moet verrig by hospitale, die polisie, nooddienste, korrektiewe dienste ensovoorts.
Ek hoop en bid dat ek, my vriende en kolegas veilig sal wees tydens die staking terwyl ons ons dagtaak na die beste van ons vermoë sal probeer verrig.

5 Responses to “Nog ‘n groot staatsdiensstaking op pad”

  1. Bierpens Says:

    Ek skrik die staking meer as vir Malema …

    Like

  2. vuurslag Says:

    Ek stem nogal saam met jou . Malema het baie bek, maar ons het al in 2007 en in 2006 met die sekuriteitswagstaking gesien hierdie ander ouens het bietjie binnegoed ook. Ek is bekommerd oor hoe hulle hierdie binnegoed gebruik. Dis gewoonlik nie baie positief nie en partymaal gevaarlik ook.

    Like

  3. TemporalNexus Says:

    Gelukkig leef ons in n demokrasie en is ons dus vry om te staak of nie. Wanneer die staat geld blaas op duitse karre vir hulle gesalfdes, hotelverblyf, swb kaartjies en onverdiende prestasiebonusse vir maatjies, sit dit die loon eise in perspektief. Ek onderstreep egter dat daar wel n verhoogde produktiewitiet van staats amptenare verwag moet word in ruil vir n verhoging bo inflasie. Bygese, inflasie vir Saffa’s is struktureel en die staat dra by tot hierdie probleem. Die bangmaakstories is sommer bog.

    Like

  4. TemporalNexus Says:

    Ek het onsuksesvol gesoek na n manifesto vir jou blog Vuurslag. Het jy een wat jy wil deel?

    Like

  5. vuurslag Says:

    Ek het nog nie aan ‘n manifesto vir my blog gedink nie. Wat moes alles daarin kom? Jammer ek was so stil gewees. Het die langnaweek geniet.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: