Dankie tog, dit het nog nie gebeur nie?

Julie 20, 2010

In ‘n vorige inskrywing het ek die vrees uitgespreek dat daar dalk xenofobiese geweld kan uitbreek na afloop van die 2010 Wereldbeker sokkertoernooi na aanleiding van kragtige gerugte en dreigement wat die rondte gedoen het. Ek was bevrees dat dit dalk grootskaalse aanvalle sou wees wat die hele land kon destabiliseer en alle normale bedrywighede omver sou werp.
Gelukkig het hierdie dinge darem nog nie gebeur soos wat ek gevrees het nie. Dinge is so ver nog normaal. Daar was wel ‘n paar voorvalle van geweld, plundering en brandstigting in die Weskaap wat wel kommer gewek het. Tot vandag toe is daar ook landwyd voorvalle van moord, gewapende roof en brandstigting wat teen veral Somaliese
winkeleienaars gepleeg word waar mens nie presies kan bepaal of dit net gewone misdaad is of xenofobiese geweld nie.
Laat ons dus nie vergeet om die Here te dank vir die feit dat Hy ons so ver teen hierdie geweld beskerm het nie, maar laat ons ook nie te oorgerus wees nie. Hou maar die media dop sowel as jou plaaslike omgewing. Hierdie gerugte en dreigemente het wel ‘n nare klimaat in die land geskep wat moeilik verander gaan word.

2 Responses to “Dankie tog, dit het nog nie gebeur nie?”

  1. Bierpens Says:

    Middag Vuurslag

    Ek stem ons het baie om voor dankbaar te wees. Laat ons nie vergeet dat met al die oë verblindery en vrees sprake is daar wel agter die skerms besig om witmense as Afrika slawe vas te weef in hulle ekonomiese netwerk nie.

    Die las op die werkende man raak elke dag groter en groter …. Ek hoor van Zim se miljarde karraat diamante … nou verstaan ek die haat tussen die Weste en ou Rob …

    Like

  2. vuurslag Says:

    Middag Bierpens. Ja, die las op die werkendes word al hoe meer namate die werkendes al minder word as gevolg van verminderde ekonomiese aktiwiteit. Wat ou oom Robber se diamante betref weet ek ten spyte van al die sanksies teen hom kry hy dit nog steeds reg om sy bloeddiamante te verkoop. Die kopers van hierdie diamante moet aan die pen ry.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: