Malema sing De La Rey, De La Rey

Julie 8, 2010

Na ‘n relatief lang mediastilte het Julius Malema, leier van die ANC Jeugliga weer sy verskyning op die openbare toneel gemaak. Hy het soos gewoonlik weer ‘n toespraak gelewer, maar soos gewoonlik het hy ook sy berugte sangtalent ten tooon gestel. En soos gewoonlik het die boere ook weer iets hiermee te doen gehad.
Hierdie keer het hy egter nie een van die ANC se haatgesange uit die goue verlede teen die boere gesing nie, maar hy het juis ‘n uittreksel uit ‘n bekende liedjie oor ‘n boeregeneraal gesing.

Tydens ‘n musiekberaad wat gister in Johannesburg gehou is, het Julius Malema aan afgevaardigdes gesê Daar moet meer liedjies wees wat die ANC-regime se helde besing. As voorbeeld het hy toe die refrein uit die bekende liedjie De La Rey, De La Rey, van die sanger Bok van Blerk gesing. Malema het gesê platejoggies moet ook dansliedjies oor
politieke helde skryf omdat musiek glo politiek is. Die onderdrukkers moet glo duidelik berstaan dat alhoewel hulle vergewe is, die sogenaamde onderdruktes nooit sal vergeet nie. Mens sou dalk net kon vra, en wat dan van die huidige groep onderdruktes? Mag ons ook ons heldeliedere sing?
Daar is geen twyfel dat hierdie liedjie juis ‘n nuwe beweging onder Afrikaners begin het toe dit einde 2006 vrygestel is nie. Dit het die soeklig laat val op die leierloosheid van ons volk te midde van ‘n nuwe soort onderdrukking deur die
ANC-regime in die vorm van werksdiskriminasie, die miskenning van ons taalregte op skool en universiteit, hoë vlakke van geweldsmisdaadm ensovoorts.
Mag ons volk binnekort weer so ‘n besielende leier kry om ons deur ons volgende groot krisis te help.

9 Responses to “Malema sing De La Rey, De La Rey”

  1. bierpens Says:

    Malema klou vas aan sy stans in die midde van politieke gelykheid wat deur die ANC toegepas word. Demokrasie werk nie in die geval nie en Autokrasie kom na vore. Wat duidelik geword het is dat Malema ‘n handjie vol aanhangers het en as ons ander burgers net saam staan druk ons Malema maklik uit die prentjie uit … maar is groot woorde vir iemand soos myself wat nie kan konformeer nie.

    dit geseg … is almal soos ek dinosaurs en ons gaan ook dieselfde paadjie loop. Wit of Swart … die land se jong mense gaan saam werk en ‘n beter toekoms bou … of die ANC gaan hulle lei … of hulle gaan onder mekaar ander leiers kies … die keuse bly by die leierskap of hulle gaan deel word van die verandering of uit sterf ….

    Like

  2. vuurslag Says:

    Hallo Bierpens. Ja, dis ‘n interessante een. My groot hoop is dat die jonger behoudende Afrikaners weer ‘n leier kan kry wat ons uit hiierdie ANC-doolhof kan lei. In so ‘n geval moet jy nie dink dat jou generasie ‘n klomp dinosourusse is wat nie veel meer kan beteken nie, ons gaan baie op julle leiding moet staatmaak.

    Like

  3. bierpens Says:

    Nee wat Vuurslag … die ANC verdwaal in hulle eie doolhoof … elke dag leer hulle meer en meer van hulle ie leuns … en hoe slimmer hulle word hoe minder kan hulle vir mekaar lieg … op ‘n dag gaan ons opstaan en dit gaan nie saak maak wie is wit … bruin of swart nie … mense gaan hulle werk doen omdat hulle trots is en inbors het …

    Like

  4. vuurslag Says:

    Die ANC se leuens is verseker besig om op te raak. Ek is net bang oor wat hulle kan doen om die woede wat na hulle kant toe mag kom te deflekteer. Hulle gaan beslis nie net sit en toekyk hoe die massas op hulle afstorm nie. Hulle gaan probeer om die stroom van woede anderpad te lei en wie moet op die ou einde die skuld kry? Apartheid, die boere, die Mbeki-administrasie?

    Like

  5. bierpens Says:

    Hehhehe … nes soos die land gebrand het na ET moord en net soos almal vermoor sou word toe Chris Hani geskied was … nee Vuurslag … soos die leuns opraak so sanity will set in … kyk na die groot sukses van die Wêreld beker …. selfs toe Suid Afrika verneder is met die straf skop het mense gedwee huis toe gegaan … Malema en Kie se naam is gaai gemaak en as die media hulle ignore na die Wêreld beker sal hulle woede opdroog en saam die wind weg waai …

    Die joker in die pakkie is NASPERS … dis wat hulle van post 2010 wil maak wat gaan ‘n verskil maak …

    Like

  6. vuurslag Says:

    Die rede hoekom die Wereldbeker sokkertoernooi so ‘n groot sukses was is omdat FIFA se koloniale regering aan bewind was. Ten minste stem ons albei saam dat Naspers inderdaad die grootste joker is wat die SA Mediatoeneel nog ooit opgelewer het. Hansie-my-kneg van die ANC-regime.

    Like

  7. bierpens Says:

    Jy is so reg Vuurslag … maar dink jy nie dat die ANC geleer het dat dit was goed toe dit apartheid was … en dit was nou weer goed toe dit FIFA was nie … êrens moet hulle besef dat daar ritme in disipliene is en dinge so begin doen nie … ek dink in elk geval dat Zuma se regering soveel verandering gebring het dat nie eers Malema dit ongedaan sal kan maak nie …

    Like

  8. TemporalNexus Says:

    Viva die leierlose afrikaansprekende Volk. Nou kan ons vir onself begin dink, self planne maak. NOU gaan dit oor wat die beste is vir my familie, nie wat die beste is vir die fokker wat die kasregister wil rob nie. Dis lekker om n samehorige gevoel te he, maar op my voorwaardes. Ek trek van nou af die streep in die sand. Ek het nie n fossiel met n Switserse bankrekening nodig om vir my te beveel waar sy streep le nie, ook nie hoe om sy streep te verdedig nie. Ons leiers het vir te lank vir ons GELIEG!

    Like

  9. bierpens Says:

    In die teenwoordig heid van die vermoeë oor die taal spreek jy wysheid wat my ontbreek … jy verwoord die waarheid in goeie afrikaans .. welgedaan … Temporal …

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: