Is nog ‘n xenofobie-krisis op pad?

Julie 8, 2010

Die laaste paar weke gons dit op die internet oor gerugte van xenofobiese geweld wat kan losbars na afloop van die Wêreldbeker Sokkertoernooi. Verskeie instansies en individue het gewaarsku teen ‘n moontlike uitbraak van geweld. Die Transvaalse Landbou-unie, die Nelson Mandela stigting, Solidariteit, menseregte-organisasies wat met buitelanders en vlugtelinge werk, COSATU en selfs aartsbiskop Desmond Tutu het gewaarsku dat Xenofobiese geweld kan uitbreek na afloop van die Wêreldbeker Sokkertoernooi en Suid-Afrikaners gemaan om nie daaraan mee te doen nie.
Net soos met die vorige orgie van geweld in 2008 is daar ook vrese onder blankes dat ons ook onwillekeurig in hierdie spiraal van geweld ingetrek kan word.
Hierdie dinge bekommer my erg. As hierdie geweld werklik moet uitbreek sal alle normale lewe ontwrig word. Kinders sal nie kan teruggaan skool toe gaan wanner die skole weer op 13 Julie open nie. Ek is self deesdae werksaam by ‘n skool vir gesiggestremdes en besef maar al te goed hoe kwesbaar ons sal wees indien geweld in ons omgewing sal uitbreek. Leerders se vervoerreëlings sal ook erg omvergegooi word as geweld in hulle omgewing sou uitbreek.
Nog ‘n ding wat my bekommer is hoe al hierdie dinge die landbou sal raak. Party boere het buitelanders in diens as plaasarbeiders. Sal die geweldenaars plase aanval om die buitelanders om die lewe te bring en dan ook sommer boere in die proses teiken? Daar was ook ‘n paar weke terug ‘n berig in die Zimbabwe Mail dat xenofobiese geweld en grondbesettings in Suid-Afrika kan uitbreek na afloop van die sokkertoernooi. Dit sal nog verdere stabiliteit meebring.
Dit is verblydend om te weet dat daar wel mense is wat gebedsaksies hou om die Here te vra dat Hy sal ingryp en hierdie geweld sal keer. Kom ons hoop dat Hy ‘n wonderwerk sal doen en dat al hierdie dinge nie so sal gebeur nie ten spyte van vele dreigemente wat tans die rondte doen.
Intussen doen ek ‘n beroep op my volksgenote om op hulle knieë te bly en te bid vir hierdie plofbare situasie. As God besluit dat Hy ons hierdie lyding sal spaar is dit ‘n groot wonderwerk. Indien nie, bid dat Hy ons te midde van hierdie geweld sal beskerm. Verder moet ons ook maar veilig speel. Probeer so ver moontlik wegbly van besige dorpsentra en vermy plekke waar daar skielik ‘n samedromming van mense is. Moenie nuuskierig raak en gaan kyk wat aangaan nie.
Baie sterkte aan almal van julle.

3 Responses to “Is nog ‘n xenofobie-krisis op pad?”

  1. bierpens Says:

    Gaan ons mekaar moor of gaan ons saam bly … Xenofobiese geweld het mos reeds in die land gewys op indringers uit ander lande … dit het niks met politiek … ras … of kleur temake nie … doem proefete kon nie eers die land aan die brand steek na ET se nodelose wrede moord nie … Dis te lank na onderdrukking … die kinners verstaan dit nie … as ons dit nie aanblaas nie gaan hulle oor 10 jaar glad nie meer onthou van apartheid nie.

    Die nuus media moet net besluit of hulle deel van die probleem of deel van die oplosing wil word.

    Like

  2. vuurslag Says:

    Weereens ‘n interessante stelling. Daar is egter ‘n groter verskil tussen 2008 en nou se dreigemente. Julius Malema het ons blankes tydens een van sy vele vloermoere as foreigners uitgekryt. Daarom is ons in groter gevaar as xenofobiese geweld wel sou uitbreek. Die rede hoekom doemprofete se voorspellings nie bewaarheid is na ET se moord nie is omdat ons volk hoogs gedisiplineerd is. Kan dieselfde van Malema se stormtroepe getuig word?

    Like

  3. TemporalNexus Says:

    Dit is verbasend dat sommige van ons steeds opsoek is na die (vul in wat vandag toepaslik is, bv. Swart, rooi, geel, buitelander)-gevaar. Die nasionale party het hulle oningeligte ondersteuners vir jare aan die emosionele neus rondgelei met daai klug. Die internet is gelukkig die Volk se reding. Almal het ontdek dat daar vir elke politieke pleiddooi/opsweeping n verskuilde agenda is. Die Zanj wat die land regeer kry dit ongelukkig nog reg om hulle kieserskorps onnosel, oningelig en omkoopbaar te hou.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: