Vuurslag

Oor aktuele sake en ander dinge wat my opgewonde maak.

Nuwe hoop vir EVKOM onderhandelings

Die bestuur van Evkom het gister aangekondig dat hulle nou hulle salarisaanbod aangepas het na 9% verhoging en ‘n behuisingsubsidie van R1500. Dit kom dadat hulle geruk is toe berigte in die media uitgelek het oor groot bonusse wat Evkom hulle bestuurslede gaan betaal. Ons sal nou maar moet sien of die vakbonde hulle aanbod gaan aanvaar. Evkom se vorige aanbod was ‘n verhoging van 8.5% en ‘n behuisingstoelaag van R2000. Ek hoop nou net nie die vakbonde gaan nou begin kibbel oor die behuisingstoelaag nie, want dan is daar nog steeds ‘n moontlikheid vir ‘n staking. Die voordeel van hierdie nuwe wending is darem dat daar geen stakings sal wees vir die oorblywende week van die sokkertoernooi nie. Dankie tog.

3 reaksies op “Nuwe hoop vir EVKOM onderhandelings”

  1. Ja, dit gaan R 1000 000 000- kos! DIT BETEKEN dat die laaste verhoging (wat deurgegee is aan die verbruiker) is Moertoe! DINK BIETJIE VIR JOUSELF!

    Like

  2. Dis waaar woorde daardie. Maar nou weet ons wat gaan gebeur. Volgende jaar kry ons nog ‘n verhoging in tariewe. Die vakbonde sal weer groot loonverhogings eis namens hulle lede eis en dan is daardie nuwe verhoging ook daarmee heen. Dis ‘n bodemlose put.

    Like

  3. Right, so why get all panicky when people strike? Let ’em strike, it is their right, but it is also the company’s right not to pay any increase that they cannot get back from you the consumer. NOW, what are you gonna do ‘bout it, hey? Roll over and get gangraped (zapiro style) once more? I say NO! Take action. When a law is immoral I, Sipho Citizen, have a right to ignore and/or actively work at its whipering death. Same with this shit. So, get your own back = get your own illegal connection.

    Like