Bel jou blog

Julie 2, 2010

Tot nou toe was potgooi, oftewel podcasting, net beskore vir diegene met goeie bandwydte en tegniese vaardigheid. Wel, nie nou meer nie. Die gawe mense by WordPress.com het gister ‘n nuwe funksie op hulle bedieners geaktiveer wat jou nou toelaat om stemsnitte telefonies na jou blog te stuur. As jy op jou WordPress administrasiepaneel is, kliek op die skakel My Blogs. Selekteer jou blog en kies dan post by Voice vanaf die combo box. Kliek dan die Apply knoppie. Jy sal dan ‘n telefoonnommer kry waarheen jy kan bel as jy stemsnitte na jou webjoernaal wil stuur. Ongelukkig vir ons as Suid-Afrikaners sal dit jou ongelukkig ‘n oproep Amerika toe kos om dit te doen. Maar as jy kans sien daarvoor kan jy dit beslis probeer. Ek sal graag wil hoor van medebloggers wat al hierdie tegnologie probeer het. Sal ons Afrikaanse bloggers eendag ons eie webjoernaalradio kan begin? Hahaha, wonder sommer net.

%d bloggers like this: