Vuurslag

Oor aktuele sake en ander dinge wat my opgewonde maak.

Spotprente, geloof en respek

Wat het die arme Jonathan Shepiro, ook bekend as die spotprentkunstenaar Zapiro, besiel om ‘n spotprent te teken van die Moslems se heilige profeet Mohammed? En dit so kort voor die wêreldbeker sokkertoernooi? Onthou hy dan nie die groot probleme wat die Dene gehad het nadat ‘n Deense spotprentkunstenaar ook ‘n reeks spotprente oor Mohammed gepubliseer het? Die liberaliste vertel ons altyd dat ons respek moet hê vir ander se geloof en dis alles goed en wel, maar dit lyk my of hulle self nie altyd hierdie reël gehoorsaam nie. Kom ons hoop hierdie ding het nie ernstige nagevolge vir Zapiro of die res van die land in nie.

2 reaksies op “Spotprente, geloof en respek”

  1. Ja nee Vuurslag … daai was dom. maar dit help mos nie om mense te waarsku teen die dinge nie. ek sien al in my geestes oog hoe die ding dwars oor die Blog wêreld en nuss media ontplof en hoe ons weer verdeel word tussen mohamedaan en Christen … dan wonder die mense hoekom ek nie Christen kies nie.

    Ek sal nie bloei vir sulke dis respek nie … ek weier …

    Like

  2. Ek is bang daarvoor ook ja, maar ek is ook bang dat terroriste dit as propaganda kan gebruik om voetsoldate te werf om ons aan te val.

    Like