Soen die boere en skiet die lafaards

Mei 23, 2010

Julius Malema, leier van die ANC Jeugliga, het gister tydens ‘n konferensie in Natal met ‘n nuwe weergawe van sy haatlied na vore gekom. In plaas van skiet die boere sing hy nou soen die boere, maar volg dit dan op met skiet die lafaards. Wie is hierdie lafaards wat geskiet moet word? Dink ou Julius ons kan nie die sarkasme in hierdie liedjie raaksien nie. Ek is nuuskierig om te sien wat mense se reaksies hierdie week gaan wees. Is daar dalk ‘n organisasie wat lafaards verteenwoordig wat hom kan hof toe vat vir haatspraak?

3 Responses to “Soen die boere en skiet die lafaards”

  1. BB Says:

    Ja jong… ek het daardie beriggewing ook maar so half met halwe moed aangehoor… “kiss the boers…” – Hoe seg Mr Bean nou weer: “Be afraid… be very afraid…”.

    Like

  2. Vuurslag Says:

    Dis presies hoe ek ook daaroor voel.

    Like

  3. bierpens Says:

    Grens aan belaglikeid … Nee wat ek dink nie dis iets om oor bekommered te wees nie. Malema se volgers word minder en ons sal moet sien hoe vaar sy leierskap her verkeising. Ek dink sy oorgtoot meeerderheid volgelinge soek kos op die tafel en dak oor hulle koppe … hulle het nie tyd vir woord spel nie … mokkery voed nie hongers kinders nie.

    Ek is meer besorg oor die jongelinge wat tieners langs hulle karre sleep. Dit wakker haat onder ander rasse aan.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: