Miniblogging

Mei 17, 2010

Die blogs vs twitter debat kom al ‘n paar jaar saam met
ons. Daar is wel ook bloggers wat Twitter aanvullend tot hul
blogs gebruik.
Ek het nog altyd gewonder of daar nie dalk iets tussen-in
is wat ‘n soort miniblogging platform bied vir openbare blogs
nie. Daar is wel sosiale netwerke soos Jamble en
blueworld wat sulke moontlikhede bied, maar jy moet lid
van so ‘n netwerk wees om ‘n spesifieke persoon se blog
te kan lees. My groot probleem met iets soos Twitter is dat
jy slegs 140 karakters het om jouself in uit te druk. Ek is meer op soek na iets wat jou bietjie meer beweegruimte
gee maar terselfdetyd so gebou is dat jy nie ‘n lang
inskrywing op jou blog hoef te plaas nie. Jy sê net wat
nodig is. Verder moet dit ook moontlik wees om jou miniblog
maklik via jou selfoon by te hou net soos met Twitter.
Weet iemand dalk van ‘n paar blink idees?

2 Responses to “Miniblogging”

  1. bierpens Says:

    Its all in the template … Vuurslag WordPress is wat jy daarvan maak. Daar was so ‘n template op WordPress wat ek kekkel mee afgeskop het … ek soek dit vir jou en stuur die naam aan.

    Like

  2. Vuurslag Says:

    Hallo Bierpens. Baie dankie vir die raad. Die templet se naam is Prologue.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: