Vuurslag

Oor aktuele sake en ander dinge wat my opgewonde maak.

Vertel hom Steve

Ek hou van die manier hoe Steve Hofmeyr gister op sy blog gereageer het op Johnny Vlismas se brief Vrydag in die Mail & Guardian waarin hy vir Steve aanvat en ook ‘n skewe hou na die Afrikaners mik. Steve wys daarop dat geen groep in hierdie land ‘n ander kan voorskryf hoe hy sy pyn moet verwerk nie en vra ook hoekom dit dan belangrik is as ander volkere lewensverlies lei maar dis blykbaar nie so erg as Afrikaners ook groot lewensverlies lei nie. Maar dis veral interessant om te sien hoe Steve die sogenaamde Regs vs lings debat omkeer. Hy beskuldig Johnny dat hy eintlik die regse is. Wel, dis ‘n debateerbare stelling, maar dis interessant hoedat die liberales ons altyd daarop wys dat ons glo moet aanpas by ‘n wêreld wat verander, maar as die wêreld op so ‘n manier verander dat die liberale denkpatroon in gevaar gestel word dan is hulle die eerste wat wal gooi.
Ons is almal trots op die manier hoe jy jou man gestaan het, Steve. Sterkte vir jou.

4 reaksies op “Vertel hom Steve”

  1. More Vuurslag ..

    Ja Steve het hom goed van sy taak gekwyt … as dit nou iemand met meer openbare optredes, as John Vlismas, was … dan sou ek seker meer oor aan so ‘n redinasie gegee het … maar ‘n komidiant turned politician what joke oor die dood vat nie lekker aan my nie … en blyk baar nie regtig aan enige iemand nie … my probleem is net ek wonder of Steve weet hy het ons ondersteuning … ek het syfceboook blad na geloop en gevind hy het oor die 22 000 ondersteuners daar … ek het ook beide argumente aan van my engelse vriende voor gehou … hulle kies Steve se kant … my swart vriende kies Steve se kant …

    Demografies beweeg ek in ‘n sekere klas mens, ongeag kleur, en hulle is almal eens dat Steve die beter argument het. Glo my ek het uit gesproke vriende en ek het Vlismas se argument voorgehou en hulle het my afgeskied en dit het aan vernedering gegrens …

    Like

  2. Ek het nie die briewe gelees nie, maar ek is sommer by voorbaat geneig om Steve se kant te vat. Ek wonder net wanneer gaan ons oe oopgaan oor wat besig is om te gebeur? Daar is ‘n groeiende irritasie en frustrasie onder die regdenkendes, let wel nie regs nie maar die deurslag opgevoede en gebalanseerde burger wat kan onderskei tussen reg en verkeerd, hetsy wit of swart. Ek is bevrees dat dit soos ‘n sneeubal kan word wat nie gestop kan word nie, indien dit nie vinnig effektief aangespreek word deur ons leierlose regering om hernuwende versoening teweeg te bring nie, doen wat reg is ingevolge ons grondwet. Ons en dit volgens my is die blankes is stadig besig om te skop en op te staan teen die jarelange propaganda dat ons vir alles wat verkeerd is die blaam moet dra en ek is oortuig dat dit die ondersteuning dra van ander rasse ook, want reg is reg en verkeerd is verkeerd.

    Like

  3. Bloedbek jy praat raakvat waar woorde, mar jy vergeet dat ons wel ‘n stem het. Oral is daar opienie Blogs van wit swart en Indiër en al die ander skakerings wat ons land so uniek maak. So kan ons oral loop en mooi praat met regstel woorde. Ook moet ons nie vergeet dat daar wel baie mense in die wit groepe wat steeds baie rasisities praat, party en optree.

    Dit gaan nie ons saak versterk as ons rug op die ongeruimthede draai nie. Ons moet spoedig die dinge aanspreek sodat ons met ‘n skoon blaaitjie voor die ander kan staan en ons saak stel. Steve se brief was hard, maar nodig. Malema kon nie so aan hou haat spuug en ons almal bly stil daar oor nie.

    Like

  4. Hallo Bierppens. Ek is verbaas om te hoor hoeveel mense het steve se kant van die saak gevat. Lyk my hier is iets aan die gebeur in hierdie land. Bloedbek jy praat ook waar woorde. Soms wonder ek egter of hulle werklik versoening wil hê en of hulle wil hê die land moet in ‘n orgie van wraak en bloed ontaard. Die gewone man op straat, ongeag ras wil dit nie so hê nie, maar die geskiedenis van Afrikapolitiek het al geleer dat die Malemas van hierdie wêreld gewoonlik hulle sin kry.

    Like