Vandag was sonder voorval

April 27, 2010

Ek het Sondag geskryf oor ‘n sms wat die rondte gedoen het dat daar vandag ‘n massamoord op Blankes sou gewees het. Wel, ek is dankbaar dat daar darem vandag niks gebeur het nie en dat alles darem relatief stil verloop het. Jacob Zuma het ‘n interessante toespraak gelewer vir die ANC se Vryheidsdagvierings, maar ek wonder saam met ander politieke ontleders of hy die ander lede van sy ANC-alliansie so ver sal kry om ook hierdie nuwe versoenende houding in te slaan, veral omdat dit pas weer bekend geraak het dat daar alweer onmin tussen die alliansievennote is.
Maar wag, ek dwaal nou af. Vandag het darem sonder voorval verloop. Maar nou kry ek diegene wat hierdie gerug begin versprei het maar jammer. Ek lees gister in Beeld dat inteligensiekenners ingeroep is om die oorsprong van hierdie paniekboodskap vas te stel. Ek kan my amper nie indink wat die moontlike gevolge kan wees vir hierdie mense as hulle gevind word nie.
Laat ek dit so stel, ek glo ons moet mekaar beslis waarsku as daar moontlike gevaar dreig teen ons volksgenote. Maar dan moet diegene wat sulke waarskuwings uitstuur asseblief hulle feite agtermekaar kry sodat hierdie nie op die ou einde in ‘n geskree van wolf, wolf ontaard nie. AS daar wel regtig eendag ‘n wolf is sal die mense hulle nie meer steur aan die waarskuwings van mense wat dit opreg bedoel nie.

2 Responses to “Vandag was sonder voorval”

  1. Bierpens Says:

    Ons Demokrasie funksioneer Vuurslag. Ek kyk nuus en sien dat die paar ANC wat opgedaag het om die DA en OD te intemideer is deur die SAPS verwyder. Ons probleem lê nie by massa optrede nie. Daarvoor het ons tenminste twee dae waarskuwing deur die nuus. Ons probleem lê by noodweer. Teenstand teen onmiddelikke geweld en natuurlik die ape wat jy van praat wat goeds moeds sulke tjol versprei ..

    Like

  2. vuurslag Says:

    Dis waar wat jy sê. Die grootste probleme word dikwels veroorsaak deur enkelinge of klein groepe wat dinge doen wat die hele land soos ‘n byekas vol kwaai bye kan omkeer. Verder is daar ook nog die klein groepies mense wat onskuldige mense in hulle huise aanval en ‘n klomp van hierdie klein groepies boewe wat dieselfde ding oor en oor doen skep op die ou einde ‘n nasionale vrees.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: