Om paniek te saai is geen grap

April 25, 2010

Die laaste paar dae het ek bewus geword van ‘n sms wat die rondte doen dat daar glo pamflette onder swartmense uitgedeel word waarin hulle aangemoedig word om so veel as moontlik blankes op Dinsdag, 27 April, ook bekend as die sogenaamde Vryheidsdag, om die lewe te bring. Hierdie soort pamflette is volgens die boodskappe al in verskeie groot dorpe en stede uitgedeel. Daar is ook soortgelyke boodskappe rondgestuur op die gewilde mobiele sosiale netwerk Jamble. Hierdie vrees het nou al mense so erg getref dat hulle nou al ‘n gebedsaksie uitgeroep het vir Maandagaand tussen seweuur en tienuur.
Op hierdie stadium weet ek nie hoe ernstig hierdie gerug opgeneem moet word nie. As iemand wel sulke pamflette onder mense uitgedeel het wil ek vir daardie persone sê julle speel met vuur en soek vir moeilikheid wat kon gebly het. Indien daar nie sulke pamflette was nie wil ek vir diegene wat hierdie gerug versprei het ook sê julle is ook net so aandadig aan mense se vrees soos diegene wat wel die pamflette sou versprei het.
Hierdie soort panieksaaiery is geen grap. Dit kom juis teen die agtergrond van ‘n reeks gebeure wat ons SA politiek erg omgekrap het. Dis sluit gebeure in soos Julius Malema se haatgesange, die
dreigemente op Facebook waaroor ek al ‘n voorige keer op my blog geskryf het, die moort op Eugene terreblanche en die verf van padtekens in voorstede van Pretoria met fosforverfmerkers. As hierdie soort dinge aanhou kan iemand dalk net kop verloor en dinge doen wat ons hele land onstabiel kan maak.
Intussen moedig ek my medevolksgenote aan om die nodige
veiligheidsmaatreëls by hulle huis toe te pas. Sluit die deure en hekke en let op die gedrag van jou honde. Sterkte vir julle almal. Kom ons hoop niemand is so dom om die boodskap van hierdie pamflette te gehoorsaam as die goed wel uitgedeel is.

5 Responses to “Om paniek te saai is geen grap”

  1. vuurslag Says:

    Ek verwys u graag na die volgende webwerf vir meer inligting. http://www.afrikanervolksparty.org

    Like

  2. hartskommels Says:

    boo

    Like

  3. Bierpens Says:

    Vuurslag .. ek is nie iemand wat jou wil bang praat nie, maar dis beter jy bly weg van daai donker regse partye se bladsye af … dit gaan jou net ‘n gevange in jou eie lewe maak …

    as jou lewe aan God opgedra is sal sy wil geskied. Dat iets vreemds aan die broei is … is waar, maar dat die SAPD dinge in die kiem kan smoor is ook feite. Jou eerste linie van verdedigging moet nood weer wees … Traangas/pepper spray is ‘n goeie een …

    Ek het gaan lees by die aap van Volksparty se Tuiste gaan besoek en hulle verloor kredietwaardigheid deur die afwesigheid van kontak besonderhede … Sulke mense roep vir regestrasie op hulle tuiste en dan is jou voetspore daar as die Nationale Intelegensie toeslaan …

    Ken jy die Spook wat hier bo komentaar gelos het …

    Like

  4. Bierpens Says:

    Dis ‘n site wat onder bedenklikke moetiewe geskep is Vuurslag … na aanleiding van die riglyne wat ek by een van jou vorige inskrywings geplaas het … hulle voldoen nie daar aan nie … ons kan ‘n versoek saam stel om die domain te laat verwyder of op datum te bring … ek sal so maak as daar versoeke is, maar ek gaan nie alleen optree nie, want dit is nou regtig nie wie ek is nie … Lone Rider? nie Pensie nie … http://who.godaddy.com/WhoIs.aspx?domain=afrikanervolksparty.org&prog_id=godaddy

    Like

  5. vuurslag Says:

    Hallo Bierpens. Hahaha, nee ek ken nie die spook wat hier by my kom kuier het nie, maar ek weet hy/sy is een van ons medebloggers op WordPress. Baie dankie vir jou insig rondom hierdie storie. Ek wil nie graag teen hierdie webwerf optree nie. Wie weet, dalk het hulle iewers iets beet wat ons wel kan help. Hullle het wel kontakbesonderhede op hulle blad. Dis net snaaks dat hulle dit nie direk op die vooorblad sit nie. maar onder een van hulle skakels op die voorblad.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: