Kalahariklong

April 25, 2010

‘n Mens kry baie soorte blogs in hierdie wêreld van ons, hetsy dit nou persoonlike blogs is en of dit nou blogs oor stokperdjies, besigheid, musiek en vermaak of wat ook al is.
Ek het myself al gevra wat maak nou eintlik ‘n goeie persoonlike blog? Die antwoord is heel eenvoudig. As die skrywer op so ‘n blog dit kan regkry om die gewone vervelige dinge van elke dag interessant in te kleur dan sal sy blog baie interessant wees en sal dit baie lesers trek.
Ek het onlangs op so ‘n blog afgekom.
http://kalahariklong.wordpress.com/
As hierdie ou so goed kan skryf oor die dinge van die alledaagse lewe, hoe sal hy nie oor die dinge kan skryf wat mens regtig opgewonde maak soos politiek, ‘n lekker vakansie, die lewe in die Kalahari
ensovoorts. Kom ons hoop hierdie skrywer plaas gereeld nuwe
inskrywings op sy blog.

2 Responses to “Kalahariklong”

  1. Bierpens Says:

    Goeie snuffel werk Vuurslag … jy raak nou ‘n voorslag met Afrikaanse blos promoveer… ons sal vir jou RSS feeds ‘n spesiale plekkie moet oop maak daar op Die Plaas … ek werk dadelik daar aan ..

    Like

  2. vuurslag Says:

    Baie dankie Bierpens. Ek waardeer dit baie.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: