What’s in a name

April 24, 2010

Ek sien ‘n interessante verskynsel op die net. Terwyl ek ‘n Google soektog gedoen het oor Julius Malema kom ek af op die webwerf http://www.juliusmalema.co.za wat voorgee dat dit Julius Malema se eie webwerf is. Dit raak egter gou duidelik dat dit nie regtig sy webwerf is nie omdat daar te veel artikels verskyn wat na Julius in die derde persoon verwys of daar is skakels in die titel van die opskrifte wat jou na heeltemal ander webwerwe en blogs toe vat wat oor Malema skryf.
Nou wonder ek sommer in die stilligheid of ou Julius die eienaar van hierdie webwerf kan aanvat in die hof as hy hom kan opspoor? Daar is seker meer as een Julius Malema in die land en almal van hulle is nie so radikaal soos ons vriend die groot Malema nie.
Verder het Dan Roodt van Pro-Afrikaanse Aksiegroep ook ‘n webwerf begin oor Max Du preez, wat besigtig kan word by maxdupreez.co.za. Daar plaas hy van Max se koerantartikels en lewer kommentaar daarop. Hierdie webwerf is laas in Maart opgedateer. Dit wil lyk of ou Max weet van hierdie webwerf. Ek weet nie of hy al enige stappe teen Roodt geneem het oor hierdie werf nie. Ek sal dit verwelkom as iemand my daarmee kan help.
Hoe gaan mens te werk as jy in ‘n despuut betrokke raak oor ‘n internet domeinnaam? Jy kan natuurlik ‘n hofsaak maa, maar is daar dalk ander minder ingrypende maniere om hierdie probleem op te los.

11 Responses to “What’s in a name”

  1. Bierpens Says:

    Hi Vuurslag .. ja jong ek is vinnig op jou spoor .. hehehe net party keer … Mee mens kan nie ‘n hofsaak maak nie … Daar is ‘n ‘n Domain Dispuut stappe wat jy kan neem, maar die klager moet R12 000.00 neer sit voor hy kan begin en al wen of verloor hy die koste is vir sy sak. Ek gaan die twee domains ondersoeken sal met jou deel wat ek bevind.

    Domain name werk op first come first serve bassis, maar mens mag nie voordoen jy is iemand anders nie. In so geval kan een epos met bewyse die domain laat sluit. In ‘n geval van ek registreer Vuurslag.Co.Za en maak komentare oor jou is dit OK solank ek jou nie belaster nie … dit kan hof toe gaan en ek my kontaak besonderhede verskaf, mag ek my vryheid van spraak toepas.

    Sjoe … ekhoor van jou dilema … inbox my die program wat jy gebruik en ek kyk na moontlikke oplossings vir jou … lekker dag vir jou verder …

    Like

  2. Bierpens Says:

    2a. registrant : Critics and Supporters
    2b. registrantpostaladdress: Undisclosed Address
    2c. registrantstreetaddress: Confidential Address

    die web naam is al in Julie 2008 gevat … dit is ‘n ongeldige adres en as Julius Malema dit wil ongeldig laat verklaar sal hy geen probleem daar mee hê nie. Blote formaliteit.

    Like

  3. Bierpens Says:

    Die ander een oor maxdupreez.co.za is ‘n geldige adress. As Dan Roodt nie Max belaster nie het hydie reg tot vryheid van spraak. Volgens die adres kan hy(Max) vir Dan opspoor vir ‘n hof geding. Dis al wat domain registrasie vereis …’n wettige kontak adres …

    Like

  4. Bierpens Says:

    jong die Max Du Preez site word deur ‘n slim man bedryf … en ek kan niks negatiefs raak lees in my once over nie. Dan Roodt sal hom nie by so iets betrokke gemaak het as hy nie weet waarvoor hy homself inlaat nie …

    My beskeie mening … Dit is dalk ‘n Max Du Preez propaganda blad gedoen deur Dan Roodt … ek weet nie, maar laster is mynsinsiens afwesig …

    Like

  5. Bierpens Says:

    Die is laster

    Francois V says:
    10/01/2010 at 4:41 am

    Max Du Preez, jy is toevallig WIT. En toevallig Afrikaans. Jy is ‘n siek bliksem en ek wens ek kan jou raakloop in die straat !!!! Hoe weeeeeet ek net : dat jou seks partners almal noodwendig SWART is ?????

    http://maxdupreez.co.za/?p=1#comments

    en met die epos en IP wat die inskrywing gemaak was kon ek die man opspoor … 15 – 20 minute tops … nou bietjie laat sou ek sê … dinge verander oor ‘n tydperk … ek sal nie die kans vat om sulke komentare op my blog vry te laat nie. In Suid Afrika is die Webmeester verantwoordlik vir sulke komentare … so Dan Roodt kan deur Max Du Preez aangespreek word.

    As die persoon (Francois V says:) in Suid Afrika bly is dit moontlik om hom hier te dagvaar van die oortreding in die Provinsie waar dit gemaak is. As die site nie gehost word in dieselfde Provinsie nie sal daar aansoek in die hoogeregsof gebring moet word in watter hof die saak verhoor gaan word.

    Die probleem kom in by watter hof het die Jurisdiksie om daai besluit te maak … ek verstaan nou nog nie van ses maande in die Kaap en ses maande in Pretoria nie … dalk moet iemand met meer regs kennis daarop uitwei.

    Hoekom die ‘n Probleem is is omdat die wet bepaal die hofsaak moet hangig gemaak word in die Provinsie van die oortreding. Is dit nou waar die web server staan of die skrywer van die komentaar … sulke sake is so geslote ek kan nie uitsprake bekom nie en min plaaslikke regslui het genoeg kennis om my uit die vuis uit te kan reg help …

    Al die goed is seker maklik, maar dit kos ‘n hoop geld … in 2001 het ‘n gemeenskap aan die Suidkus ‘n hofsaak teen Vali Moosa gemaak oor die verbod op strand ry .. so iets so R300 000.00 later was die saak in die verkeerde hof verhoor …

    Like

  6. vuurslag Says:

    Hallo Bierpens. Baie dankie vir die moeite wat jy so vroegoggend gedoen het. Ek waardeer dit baie.

    Like

  7. bloedbek Says:

    Al wat ek wil byvoeg, as ek so lees is dit baie duidelik hoe ongeletterd ek is oor hierdie dinge, die webtegonologie, Dit is nou vir my baie interesante inligting, mensig ek wens ek was so slim om al die geheime van die web te kon ken, moet beslis ‘n kursus opsoek wat my die goete kan leer. Waar begin ek, enige voorstelle?

    Like

    • Bierpens Says:

      Ek glo regtig nie so nie Bloedbek … in my kort wel en weë op die net is daar min Prokereurs wat die dinge met mens kan deel. … jy is welkom om hier en op die plaas te kuier en so sal jy maar die lewens wyshede aanleer soos dit gebeur … maar dan weer dit gebeur elke dag so dit verander daagliks …

      Vuurslag is veral lief om in hoekies en draaitjies te gaan krap vir probleme wat ander mense nie sommer optel nie …

      Like

      • bloedbek Says:

        Bierpens, nou wat glo jy nie?

        Ek gaan beslis hier rond kuier, om van die slimmes te leer, moes al lankal hier rond gekrap het, dit lyk interesant.

        Like

  8. vuurslag Says:

    Hallo Bloedbek. Baie welkom hier by my blog. Ek het al voorheen van jou inskrywings gelees. Bierpens is eintlik die kenner as dit by rekenaars en internet kom. Ek is maar die een wat nuuskierig is oor alles en nog wat. Jy is welkom om meer male hier te kom inloer en te gesels.

    Like

    • bloedbek Says:

      Hallo vuurslag, dankie en ek voel geeerd dat u my blog besoek. Ek gaan beslis weer inloer. Ek self is nuuskierig, maar het ook al my arme pc onder geweldige druk geplaas agv my nuuskierigheid en dan moet die techno pro’s dit weer werkbaar maak. Soos Langenhoven opgemerk het, ons dommes moet leer uit ons foute en die slimmes leer uit ons dommes se foute, iets in der voge.

      Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: