Facebook lite opgeskort

April 24, 2010

Ek was ‘n gereelde gebruiker van Facebook se meer eenvoudige webwerf Facebook lite. Dis ‘n lekker vinnige webwerf en werk lekker saam met ouer weblesers soos Internet Explorer 6. Daarom was dit vir my ‘n skok toe ek verneem dat Facebook hierdie diens opgeskort het. In hulle amptelike reaksie sê hulle wel dat hulle baie uit hierdie oefening geleer het en hierdie kennis gaan gebruik om hulle standaard webwerf te verbeter. Intussen het ek nog ‘n probleem met Facebook. Ek kan nie die standaard blad op my rekenaar gebruik nie en moet nou maar Facebook mobile op my selfoon gebruik.
Ek glo beslis dat diensverskaffers van sosiale media en kommunikasiedienste soos gratis e-posdienste saam met hulle standaard webwerwe ook ‘n ligter weergawe van hulle webwerwe moet hê vir gebruikers wat ouer weblesers gebruik sowel as diegene wat sukkel met swak internetspoed. Baie dankie aan diegene wat dit reeds doen soos Google met ‘n basiese html weergawe vir hulle gmail diens, Yahoo met ‘n ygo weergawe van hulle blad en WordPress.com met hulle wordpress.com gadget waar jy inskrywings kan plaa, skakels op jou blogroll kan sit en jou statistieke van jou blog kan besigtig vir vandag en gister. Ander diensverskaffers kan beslis by julle kom leer.

2 Responses to “Facebook lite opgeskort”

  1. Bierpens Says:

    Vuurslag .. naand … great minds think alike … so het ek reeds ‘n inskrywing gemaak wat Maandag 10h00 op die plaas gaan hardloop en jou nog verder sooibrand gaan besorg … Jou Facebook probleme is nog in hulle kinder skoene.. sorry to be the barer of bad news …

    Kry vir jou Opera of Firefox … IE 6.0 is nou in sy doods snikke …

    Like

  2. vuurslag Says:

    Halllo Bierpens. Wat ‘n verrassing om jou so gou hier te sien. Ja, ek kom agter Facebook raak al hoe meer vol nukke. Die en igste probleem wat maak dat ek nie kan opgradeer nie is die feit dat ek ‘n spraakprogram op my rekenaar gebruik. Ek weet nie altyd of ‘n nuwe webleser met my spraakprogram gaan saamwerk nie. Diensverskaffers moet hierdie soort goed in ag neem voor hulle hulle webwerwe te gou verander.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: