My blog verjaar vandag

April 11, 2010

Vandag presies ‘n jaar terug het ek vir die eerste keer begin blog. My eerste inskrywing was wel gedateer 10 April, maar dit was omdat my blog se tyd nog volgens die standaard UTC tyd gestel was. Ek het gereeld die Afrikaanse blogs op WordPress.com gelees en gedroom daarvan om self my eie blog te hê. In die middernagtelike ure van 11 April het ek toe my eie blog oopgemaak. Ek het aanvantlik maar gesukkel om alles eers onder die knie te kry, maar toe ek eers begin het het ek dit beslis baie geniet. In die laaste jaar was daar ‘n oorvloed van dinge om oor te skryf op my blog, dis net partykeer ek wat of lui was of besig met ander goed. Maar ek het vasgebyt en hier staan ons een jaar later en ek geniet dit nog steeds om te blog.
Hierdie jaar beloof om beslis nog meer interessant te wees en nog baie meer stof tot nadenke op te lewer, die perfekte toestande om in te blog.
t

%d bloggers like this: