Rus in vrede, ET

April 4, 2010

Die leier van die Afrikanerweerstandsbeweging, Eugene Terreblanche, is Gisteraand, 3 April, op wrede wyse op sy plaas buite Ventersdorp vermoor terwyl hy gelê en slaap het. Twee jong plaaswerkers wat maar slegs drie weke vir hom gewerk het is in hegtenis geneem vir sy moord nadat hulle self die polisie ontbied het en hulself toe oorgegee het. Hulle beweer hulle het die moord gepleeg nadat hulle met hom stry gehad het oor onbetaalde lone.
Daar is egter ‘n paar vreemde dinge rondom hierdie moord. Die panga wat as een van die moordwapens gebruik is is na die tyd netjies op sy bors geplaas. As ‘n moordenaar ‘n voorwerp op sy slagoffer se bors plaas is dit gewoonlik ‘n soort boodskap wat hy wil uitstuur. Verder is dit ook totaal vreemd dat hierdie twee lafaards na die tyd self die polisie vanaf ‘n buurplaas ontbied het en toe hulself oorgegee het en skuld beken het. Dis die eerste keer dat plaasaanvallers dit doen.
Ons volk verkeer vandag in ‘n toestand van skok, woede en hartseer. Al het baie van ons nie saamgestem met alles wat hy gedoen en gesê het nie het hy nogtans die vermoeë gehad om ons Afrikanerharte warm te laat klop.
Ek hoop dat my mede-Afrikaners ten spyte van al die gevoelens wat in hulle broei hulle nie sal skuldig maak aan onverantwoordelike optrede nie, veral nie gewelddadige optrede nie. Dit is presies wat die beplanners van hierdie moord wil hê.
Rus in vrede, oom Eugene. Ons sal jou altyd onthou.

2 Responses to “Rus in vrede, ET”

  1. Skoor Says:

    Ek stem met jou laaste paragraaf. As een mal regse begin skiet, gaan die kruitvat omgedop word. En ons handjievol blankes sal NIE kan terugveg nie.

    ET was nie my leier nie, maar hy, net soos soveel ander blankes in hierdie land, verdien nie om so te sterf nie. Mag die hel daardie twee sotte haal!

    Like

  2. vuurslag Says:

    Hallo Skoor. Ek stem heelhartig saam met jou. Mag daardie twee sotte swaar gestraf word. En wee die skares wat hulle vandag by die hof toegejuig het.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: