Nasionale paniek op die internet

Maart 25, 2010

Ek neem met kommer kennis van die jongste storm rondom die kop van Julius Malema, die leier van die ANC se Jeugliga. Iemand het ‘n rukkie terug ‘n uiters haatlike inskrywing op sy aanhangersblad op Facebook geplaas. Hierdie inskrywing beweer dat President Jacob Zuma om die lewe gebring gaan word en dat Malema dan die presidentskap van Suid-Afrika gaan oorneem. Blankes sal dan in hulle massas op die wreedste wyse vermoor word.
Daar word nou beweer dat die persoon wat hierdie inskrywing geplaas het van ‘n vervalsde profiel gebruik gemaak het om dit te doen. Ons weet nog nie of ons hierdie dreigement ernstig moet opneem of nie, maar selfs al was hierdie haatskrywer nie ernstig nie het hierdie wandaad van hom die potensiaal om lelik hand-uit te ruk. Indien dit wel ‘n grap was moet hierdie persoon duidelik verstaan dit was ‘n uiters siek grap.
Hierdie voorval bewys weereens die krag van die internet en meer spesifiek sosiale media. Hierdie haatboodskap het nou al baie ver oor die internet heen versprei en is selfs in ongeredigeerde formaat geplaas op die Afrikanervolksparty se webwerf waar ek dit die eerste keer te lese gekry het. Verder het dit erge woede en mismoedigheid veroorsaak op die Afrikaanse WordPress blogs en op die gewilde mobiele sosiale netwerk Jamble. Die verhouding tussen die verskillende bevolkingsgroepe in SA kan baie erg geskaad word wat op sy beurt onstabiliteit kan veroorsaak. Dis ‘n soort selfvervullende profesie.
Ek hoop dat ‘n goeie internetspesialis hierdie haatskrywer wat soveel paniek landwyd veroorsaak het kan opspoor en hom goed aan die pen laat ry.

15 Responses to “Nasionale paniek op die internet”

  1. Bierpens Says:

    Hi Vuursalg …

    Jou blog lyk goed en jou inskrywings is ook uit die boonste rakke … ek is nie een wat haatspraak goed praat nie, maar hierdie kommerwekkende inskrywing is dalk met goeie intensies gedoen. Dinge lyk sleg vir die ANC op ‘n politieke front en hulle kan nie hulle bewind hou nie. Al hoe hulle stemme trek is deur ‘n wit vrees hoog te hou en so stemme trek … sorry for the bad news, maar ek skryf op my blog meer hier oor …

    Like


  2. […] is seker Vuurslag het ‘n punt oor haatspraak op Facebook en dit is kommerwekkend dat vryheid van spraak so gemisbruik word. Mense dink nie altyd aan die […]

    Like

  3. vuurslag Says:

    Hallo Bierpens. Ek hoor wat jy sê en ek weet dat die ANC nou desperaat is om hulle steun by die massas te probeer behou. My groot probleem is wat gaan gebeur as die saadjies van haat wat die Anc en sy meelopers oor die laaste paar jaar gesaai het op groot skaal begin vrug dra. Ons gaan in dieselfde situasie beland as Rwanda en Burundi. Ek moet erken ek vrees daardie dag.

    Like

  4. Bierpens Says:

    Wat ek jou mos nou sê .. do ot shoot the facebook messenger …

    Like

  5. vuurslag Says:

    Dis waar wat jy sê. Ek neem nie Facebook as sulks kwalik nie, maar ek neem diegene kwalik wat die krag en potensiaal daarvan misbruik om hulle haat die hele wêreld vol te saai kwalik. Facebook is maar net deel van die gereedskap.

    Like

  6. Bierpens Says:

    Ek het nie self die facebook stukkie gelees nie, maar ek glo dat selfs die persoon agter die boodskap net ‘n boodskapper is … soveel soos ek dit haat dat daar mense is wat dit so om doen … dink ek die wêreld moet agslaan op wat die ANC mee besig is en hulle ophou geld gee … totdat hulle mense soos Malema in toom kan hou … skuit hom toe … hulle moet … nie Ziller of Agriforum nie … sy eie mense moet dit doen …

    Like

  7. Bierpens Says:

    Wat ek wel gelees het i die stukkie …

    http://www.timeslive.co.za/local/article371858.ece

    Zuma smile breed saam Malema …

    Like

  8. vuurslag Says:

    Wat jy nou praat is inderdaad skrikwekkend. As hierdie haatskrywer ook maar net ‘n boodskapper van ‘n groter mag binne die Anc is moet ons die Anc se bewegings op die politieke front fyn dophou. Ek wens ook dat sy eie mense vir Malema kan straf maar ek twyfel of dit gaan gebeur. Afriforum en solidariteit is ongelukkig nie baie effektief nie.

    Like

  9. Bierpens Says:

    Ek verskil van jou … hulle optrede onderstreep sy woorde … bewys hy bedoel dit … anders sou hy heel andersopgetree het … ewe skielik is ons blankes nie meer die agressors in die buite wêreld se oge nie … ewe skielik is apartheid vergte en iets van die verlede … nee wat hy gaan moet verskoning vrae en dan is hy verneder voor sy mense … wind uit sy syle en die DA kan voortgaan om COPE by die stembuste op te alley … Demokrasie in werking …

    Like

  10. Bierpens Says:

    Het jy nuus gekyk 197h00 as jy dit gemis het kyk 06h00 more … dinge gebeur vinnig … en daar is dalk meriete aan my bespiegelinge … ons moet maar wag en sien …

    Like

  11. vuurslag Says:

    Ek het vanaand se nuus gemis, maar sal more kyk. Dinge raak rof as ek jou so luister.

    Like

  12. Skoor Says:

    Kan ek inspring in die gesprek, en die volgende onrusbarende stelling maak:

    die massas sal NOOIT teen die ANC opstaan nie. NOOIT. Sit dit op ‘n t-shirt, en vreet dit op. NEVER.

    As ‘n ‘opgevoede volwassene’ soos Pieter de Villiers op nasionale TV se dat hy ALTYD vir die ANC sal stem, want hulle het hom die vermoe gegee om te wees wie hy vandag is, moet ons fokweet NIE van die onopgevoede massas verwag om hulle tee te gaan nie.

    Hou op hoop plaas op die massas mense. Hulle is anti-blank. Al glo, of probeer ons watookal glo. Een opruiende vergadering, en al die goeie werk van bv Patricia of Helen is in die drein af.

    Like

  13. vuurslag Says:

    Dis hoe ek ook oor die saak voel, Skoor. Die massa is oor jare heen gebreinspoel om teen ons te wees. Geen goeie werk deur enige liberale blanke figuur sal dit kan verander nie. Die massas word nou weer deur ‘n nuwe vloedgolf haatspraak getref wat deur mense soos Malema en andere gedryf word. Hier kom nog nare dinge.

    Like

  14. Bierpens Says:

    Jy is baie kwaad of baie bang skoor… ek is jammer daar is mense wat so voel… ons moet onsigbaar word… out of sight out of mind …

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: