Algemeen

‘n Duur April. En dis geen grap

So ‘n rukkie terug het ons die skoknuus verneem dat Evkom sy kragtariewe wel met 25% per jaar gaan verhoog. Hierdie verhoging tree Aprilmaand in werking. Vanoggend op die nuus hoor ek toe dat die brandstofprys volgende maand na raming met 50c per liter gaan styg. Die finale prysverhoging is nog nie aangekondig nie. Ten minste die helfte van hierdie verhoging, 25c, word veroorsaak deur die verhoging in die brandstofheffing wat tydens die begroting in Februarie aangekondig is.
Ons gewone verbruikers, salaristrekkers en ander platsakke sal op 1 April nie veel hê om oor te lag nie. Sterkte vir julle almal.

Advertisements

5 thoughts on “‘n Duur April. En dis geen grap

  1. Hallo Bierpens. Ja, ons gaan nog erg moet opdok. Ek is bly jy kom darem goedkoper met die gas uit. As dit so aanhou sal ons hier op die plaas ook drastiese maatreëls moet tref.

    Like

  2. Ek het ‘n bakoond gebou. Wil die kind se om sy skoolbanke stuk stuk huis toe te bring dat ons kan vuurmaak daarmee en die kos gaar kry.

    Die regering worry tog nie oor opvoeding en onderwys nie, so waarvoor jou gat gaan deursit op ‘n skoolbank wat kon brand?

    Like

Die kommentaar is gesluit.