Wat is die doel van vyfdagkrieket

Januarie 7, 2010

Ek moet erken ek verstaan nie altyd die doel van vyfdagkrieket nie. Vir vyf dae staan die spelers in die warm son en swoeg en sweet net om op die ou einde ‘n onbesliste uitslag te kry. Dit het nou al in die laaste twee toetse gebeur tussen Suid-Afrika en Engeland. SA kan nou nie meer die reeks wen nie maar slegs gelyk breek as hulle die volgende toets wen. Engeland kan nog steeds die reeks wen al eindig die volgende toets onbeslis. Wat is dan die doel van vyfdagkrieket? Dalk moet hulle eerder eendagwedstryde en 20-20 wedstryde speel waar die uitslag seker is.

4 Responses to “Wat is die doel van vyfdagkrieket”

  1. Sonkind Says:

    Ek is vreeslik de hel in oor die krieket. Ek glo hulle moet iets soos die Duckworth beslissing inbring in gevalle soos vandag. Dit was tog flippin duidelik wie die beste span in hierdie toets was!

    Like

  2. Vuurslag Says:

    Ek stem nogal saam met jou.

    Like

  3. mnr.muller Says:

    Onbeslis is ook ‘n uitslag.

    Vyfdagkrieket is miskien minder van ‘n toeskouersport, maar dit is regtig hoe spanne hulle vaardigheid en dissipline kan toets en opweeg teenoor mekaar.

    ‘n Kolwer moet soms bloot vasbyt om nie sy paaltjie te verloor nie; ‘n bouler moet strategies die kolwers uitoorlê; veldwerkers moet flink bly selfs in ‘n snikhete son.

    Dis soos om ‘n skaakspel te speel met ‘n uitgerekte tydlimiet teenoor ‘n 5 minute blitz game. Laasgenoemde is fantastieser om na te kyk – maar eersgenoemde is wat jou ware skaakvernuf ontwikkel. (Jy kan trouens nie goeie blitsskaak speel as jy nie die langer weergawe bemeester nie – netso, tot ‘n mate met 20-20 of eendaagse krieket teenoor vyfdag-toetse.)

    Like

  4. vuurslag Says:

    Dis nou ‘n interessante perspektief, Mnr. Muller.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: