Vuurslag

Oor aktuele sake en ander dinge wat my opgewonde maak.

Die kabeldiewe slaan weer toe

Ons is vandag alweer heeldag sonder krag nadat die kabeldiewe laasnag weer Evkom se kabels gesteel het in ons omgewing. Diegene van ons wat nie kragopwekkers het nie se huishoudings het natuurlik weer amper tot stilstand gekom. In ‘n vorige inskrywing het ek die vraag gevra wat mens met sulke nare goed moet maak. Dis net ‘n wonder dat hulle nie doodskok terwyl hulle die kabels afknip nie.
Kom ons hoop maar dat Evkom hierdie probleem spoedig kan oplos.

Een reaksie op “Die kabeldiewe slaan weer toe”

  1. Die krag het darem vanmiddag na halfvyf weer aangekom, veel vroeër as die vorige keer.

    Like