Het gestremdes se lewens verbeter?

Desember 3, 2009

Vandag word daar weer groot gewag gemaak van Internasionale Dag vir Gestremdes. Daar is vandag al ‘n paar insetsels hieroor op die radio uitgesaai. Die vraag wat by my opkom op ‘n dag soos vandag is: het die lewens van gestremde persone verbeter oor die laaste klompie jare?
Dit is wel ‘n feit dat ons op tegnologiese gebied goeie vooruitgang gehad het. Vervaardigers van hulpmiddels en organisasies wat die belange van gestremdes verteenwoordig het ook in die laaste paar jaar met planne vorendag gekom om hierdie produkte meer toeganklik en bekostigbaar te maak.
Verder het ons regering ook allerhande mooi beleidsrigtings en wetgewing op papier oor werksgeleenthede vir gestremdes. Maar soos gewoonlik kan dit nie regtig prakties toegepas word nie weens verskeie probleme in die werkplek self. Werkgewers is maar baie skepties om mense met gestremdhede in diens te neem al beskik hulle oor die nodige kwalifikasies. Verder is daar die probleem oor hoe om jou hulpmiddels en jou werkplek en/of betrekking met mekaar te versoen. Hierdie is veral ‘n groot probleem as dit by rekenaartoerusting en spraakprogramatuur vir gesiggestremdes kom. Ek weet van mense wat al hulle werk verloor het omdat hulle spraakprogramatuur en die werkgewer se bedryfstelsels nie versoenbaar met mekaar was nie. Werksgeleenthede vir gestremdes word ook al hoe skaarser omdat werkgewers vereis dat veral kantoorpersoneel al meer veeldoelig word. Daar is byvoorbeeld minder poste vir skakelbordoperateurs beskikbaar as vroeër jare omdat veeldoelige persoonlike assistente die meeste van die kantooraktiwiteite nou self moet behartig en omdat taksentralestelsels wat skakelboerde aandryf al hoe meer outomaties word.
Lesers en deelnemers is welkom om tot hierdie lys van uitdagings toe te voeg en ook met oplossings vorendag te kom.
Om op te som kan gesê word dat gemengde welslae behaal is om die lewens van gestremde persone te verbeter.

4 Responses to “Het gestremdes se lewens verbeter?”

  1. harrylouw Says:

    Vuurslag. Ek gaan nie my afdraende pad as tuinboukundige beskryf nie. Al wat ek kan se, is dat ek tuinboukunde moes opgee en nou plaagbeheer as besiieid bedryf. Die lewe is goed. Tog. Soms ry ek verby pas gesnyde grasvelde en dan verlang ek na my dae as ‘n tuinboukundige. Die struikelblok? Communication skills.

    Like

  2. Vuurslag Says:

    Dis ‘n interessante een, Harry. Ons het baie wat ons kan doen, maar daar is altyd daai klein dingetjies wat ons erg pootjie.

    Like

  3. Bierpens Says:

    Mense julle maak my oge oop vir wat ek voor moet dankbaar wees. …

    Like

  4. Vuurslag Says:

    Dis ‘n plesier, Pensie.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: