Die springbokke se nagmerrietoer

November 28, 2009

Die Springbokke het vanaand hulle nagmerrietoer in Europa op ‘n laagtepunt afgesluit toe hulle met 15-10 teen Ierland verloor het. Die toer het uit vyf wedstryde bestaan waarvan die Bokke slegs een kon wen, Naamlik die wedstryd teen Italië.
Mag die manne ‘n welverdiende ruskans geniet as hulle weer in Suid-Afrika terugkom. Peter De Villiers en sy span moet hard gaan sit en dink oor ‘n nuwe strategie vir volgende jaar. Dalk moet hulle hulself ook afvra of dit regtig nodig is vir ‘n Europese toer aan die einde van ‘n harde jaar. Ons spelers het vanjaar regtig hard gewerk en goed gepresteer in die Super 14, Drienasiestoernooi en die reeks teen die Britse en Ierse Leeus.
Geniet die ruskans en die feestyd, al julle Springbokhelde.

%d bloggers like this: