Boere kry die skuld vir plaasaanvalle

Ek hoor vanaand op die seweuur televisienuus ‘n berig waarin adjunkpresident Galema Moclanthe sê dat van die ergste plaasaanvalle deur buitelanders uitgevoer word. Maar dan gaan hy voort om te sê dat dit boere se skuld is omdat hulle glo die buitelanders in diens neem en hulle dan uitbuit deur aan hulle laer salarisse te betaal en hhulle te dreig met die polisie en imigrasie-owerhede om die werkers se gehoorsaamheid te verseker. Agri SA het soos verwag met skok gereageer op hierdie bewering en daarop gewys dat plaasaanvalle meestal gepleeg word deur misdadigers wat geld en vuurwapens by boere eis. Hulle kies ook meestal boere wat sagte teikens is.
Ja-nee, so kry die boere alweer die skuld vir alles. Ek hoop van harte dat landbou-unies en organisasies wat die belange van behoudende Afrikaners verteenwoordig hulle stemme sal dik maak en Moclanthe tot orde roep. Soos die president van Agri SA gesê het is dit skokkend dat iemand met sy posisie en verantwoordelikhede so ‘n stelling kon maak sonder om eers van die feite seker te maak.
Laat ons maar wag en sien wat die uitkoms van hierdie situasie gaan wees.


Posted

in

,

by