Hoekom ek begin blog het.

November 23, 2009

Ek het so in middel 2008 begin om die Afrikaanse WordPress blogs te lees In daardie tyd het ek nie ‘n skootrekenaar gehad nie, dus moes ek dit maar op my selfoon lees. Gelukkig was dit nie ‘n groot probleem nie omdat meeste van WordPress se webontwerpe, oftewel themes, geskik was vir selfone. My eerste blog waarop ek tydens ‘n soektog op Google afgekom het was feetjieland.wordpress.com. Ongelukkig staan hierdie blog al lank dormant. Deur middel van die feetjie se blogroll kom ek toe af op ander blogs, en deur ander bloggers se blogrolls vind ek toe nog meer blogs. Johan Swarts van gormendizer.co.za verwys daarna as die sogenaamde lang stert. Ek het op Bierpens se blog Kekkel op die Plaas afgekom Xanika ‘n skakel in een van haar inskrywings geplaas het toe hy haar uitgenooi het.
Ek het dadelik agtergekom hier is ‘n soort bloggersgemeenskap onder die Afrikaanse bloggers hier op WordPress. Ek het gevoel ek wil ook deel van hierdie gemeenskap wees. Eers veel later het ek uitgevind dat heelwat van die bloggers mekaar ken uit die dae toe Steve Hofmeyr sy eie blog getiteld Steve se Spoegblog gehad het. Dit was nog in die dae voor ek nog internettoegang gehad het.
Gelukkig het ek toe verlede jaar my skootrekenaar gekry en na ‘n lang gewag het ek toe uiteindelik in die nagtelike ure van 10-11 April vanjaar my blog oopgemaak. My eerste inskrywing wys dat dit op 10 April geplaas is, maar my blog se tydstellings was toe nog twee ure agter.
Namate ek meer met ander bloggers begin gesels het het ek stadig maar seker deel van hierdie bloggergemeenskap geword. Die hoogtepunt was toe Bierpens my ook as gasskrywer op Kekkel bygevoeg het.
Daar is gereeld nuwe bloggers wat bykom en daar is sommige van die ou sterre wat ons soms groet. My hoop is dat die Afrikaanse blogs tot ‘n kragtige medium sal groei wat kan opvoed sowel as vermaak.

5 Responses to “Hoekom ek begin blog het.”

  1. forafrica Says:

    Dagsê Vuurslag

    Jou bydrae is deel van die verfrissende briesie wat so deur die blogosfeer spoel. Jy kan gerrus ook van die rss voere hier opsit … so kan jy deel word van die gevleggery … WordPress maak dit maklik vir ons om voere in te lees wat geskik is om by ons temas te pas.

    Like

  2. mnr.muller Says:

    Ek sal probeer opvoed🙂

    Like

  3. Vuurslag Says:

    Dankie Forafrica en Mnr. Muller. Mnr. Muller maak reeds goeie werk van sy opvoedingstaak op die blogs.

    Like

  4. Retha Says:

    Ek het begin blog oor ek soms ongelooflik sterk belangstellings ontwikkel in sake wat niemand om my interesseer nie. (Newe-effek van my Asperger Sindroom) Nou kan ek na hartelus daaroor praat, en mense enige plek wat in my onderwerpe belang stel kan inkom na my blog en soveel- of so min- lees as wat hulle interesseer.

    Like

  5. Vuurslag Says:

    Hallo Retha. Wat ‘n verrassing. Ek was al voorheen op jou blog en hou van jou standpunte oor godsdiens en geloof.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: