My hart gaan uit na Joost

November 3, 2009

Toe ek vanoggend na die onderhoud met Joost Van der Westhuizen op RSG luister kon ek nie anders as om jammer vir hom te voel nie. Joost het toe gebieg dat dit hy was wat in die skandvideo te sien was wat deur afpersers verfilm is en toe aan die media gelek is. Mag hy die klipperige pad na herstel suksesvol bewandel. En mag die media hom en sy gesin uitlos om privaat die skerwe op te tel.

2 Responses to “My hart gaan uit na Joost”

  1. Sammi Says:

    Oi ja, moeilike ene. Veral in die lig van sy kampvegter se verdere onthullings. Al wat ek kan sê is, sterkte aan daardie hele gesin.

    Like

  2. Vuurslag Says:

    Dis maar al wat ons gewone mense kan sê. Sterkte aan hom en sy gesin.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: