Kring van die Spotters

Oktober 29, 2009

Die Afrikaanse gemeenskap van bloggers hier op WordPress is ‘n interessante een. Die mense hier kom uit ‘n wye verskeidenheid agtergronde en hier is baie skryftalent onder hulle.
Ongelukkig is daar ook bloggers onder ons wat genot daaruit put om blogs oop te maak waar hulle ander bloggers bespot en slegsê.
Eers het hulle die deelnemers op http://www.bosparra.com bespot. Noudat Bosparra kalmer geword het is daar nou sommiges wat mekaar bespot en ook ander bloggers uitsonder. Ek was gister ontsteld om te sien hoe ou Klontkoppie en Vrinne vir Bierpens en Harry bespot het. Laasgenoemde is twee bloggers vir wie ek bewondering het. Bierpens vir sy skryfstyl en die manier hoe hy sy saak stel asook die werk waarmee hy besig is om ‘n platform vir Afrikaanse bloggers te bou waar artikels oor verskeie onderwerpe deur middel van etiketblaaie, oftewel tag pages aan mekaar geskakel word. En Harry vir sy kortverhale wat op Kekkel op die Plaas gepubliseer is. Harry weet hoe om ‘n storie te vertel.
Nee regtig, so kan dit nie aangaan nie. Daar is dinge daar buite wat veel ernstiger is as ons ou kleinlike geveggies op die blogs. Julle kan eerder julle talente gebruik om die Afrikaanse blogosfeer tot ‘n kragtige medium uit te bou wat kan opvoed sowel as vermaak.

8 Responses to “Kring van die Spotters”

  1. Sammi Says:

    Dankie dat jy hierdie aanspreek – ons het lankal hierdie tendens opgetel. En ek het besef dis ongelukkig deel van Afrikaner wees. Soos die eertydse Hensopper/Bittereinder stryd.
    Miskien moet jy maar ook leer om vrede te maak Vuurslag en gaan skaar jou saam met die mense met wie jy gemaklik voel.
    Mooi dag!

    Like

  2. Vuurslag Says:

    Baie dankie. Ek waardeer jou boodskap. Ek het darem blogmaats met wie ek gemaklik voel. Was net kwaad vir die spotters van gister. Groete.

    Like

  3. bierpens Says:

    Mirrag Vuurslag

    Waar is daai mense gee my hulle addres …😉 ek en Harry sal hulle gou gaan reg sien …

    Wat jy sê is erg, maar dit gaan nie vir my of Harry of Harry van stryk bring nie. Dit is hoekom ek die slogan vir myself uit gedink het. Hoe meer hulle my boellie hoe meer dik vellig raak ekke …

    Wat my verwonner is ek het van die mense al uitgevang … twee van hulle was kinners … een werk vir Telkom en van die ander was nogals voor aanstaande mense gewees …

    Blyk dat die same voeging van die Blogosfeer ‘n bedreiging in hou vir Tydskrif verkope …😉

    Like

  4. vuurslag Says:

    Hallo Bierpens. Jammer ek kom so laat eers terug. Gaan loer bietjie by kontkoppies.wordpress.com. Hulle het sowaar twee skrywes en gesprekslyne aan julle twee afgestaan. Nare goed. Ou Harry is reeds besig om hulle aan te vat. Hoop jy vang hulle gou uit.

    Like

  5. bierpens Says:

    Hi Vuurslag

    Onskuldige konner vermaak … hulle copy vir Fokk en Platkuif … nie eers oorspronklik nie … any way thanks vir die Heads Up … my doring in die vlees bly Poep Oog … sy bly loop in kak praat orals sonder om my te kom vertel wat haar probleem is … (jong ongehude moeder …) shame sy gaan seker nog lank op die rak sit ..

    Like

  6. bierpens Says:

    * kinner
    * ongehude moeder moes ‘n ? by gehad het

    Like

  7. vuurslag Says:

    Bly jy vat dit so goed. Laat my beter voel. Sulke klomp stout kinders.

    Like

  8. platkuif Says:

    goed geskryf vuurslag.met die tyd leer mens waar om te lees en waar om eerder ‘verby te hou’. daar is ‘n hele paar afrikaanse blogs wat daagliks/weekliks met kwaliteite/relevante/snaakse/unieke inskrywings opdateer word.En dan is daar ander ‘blogs’wat eenvoudig daarop fokus om te vergat en te verkleineer.laasgenoemde bestaan gewoonlik nie vir lank nie en so met die tyd leer mens om by hulle verby te lees.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: