Jou helde en blogmaatjies in jou sak

Oktober 21, 2009

Die gawe mense by WordPress.com het ons gister weer aangenaam verras toe hulle nuwe sagteware op WordPress.com geaktiveer het wat outomaties kan opmerk as jy metm jou selfoon ‘n wordpress.com blog besoek. Dan sal daar ‘n lekker klein en gemaklike weergawe van die blog op jou foon se webleser laai.
Hierdie funksie was al ‘n geruime tyd beskikbaar vir diegene wat WordPress se sagteware op selfgehuisveste “self-hosted” blogs gebruik. Bosparra.com was een van die bekende Afrikaanse blogs wat hierdie funksie vir ‘n lang tydjie al gebruik. Ons bloggers op wordpress.com se blogs was meestal ook bersoenbaar met selfone se weblesers, maar ons het nie toegang gehad tot die miniwerfsagteware wat die self-hosted blogs se eienaars kon gebruik nie. Gister het dit verander. Al die wordpress.com blogs is nou outomaties met hierdie miniwerfsagteware toegerus. Die blogs kan nou baie vinniger laai op jou foon. Dit is nou ook baie goedkoper om blogs op jou foon te lees.
Gelukkig is daar op hierdie miniwerf ook die keuse om nog steeds die volle webwerf op jou foon te besigtig soos voorheen.
My hartlike dank aan die span van WordPress.

2 Responses to “Jou helde en blogmaatjies in jou sak”

  1. Bierpens Says:

    Hoe lap jy nou ons geheime uit

    Like

  2. vuurslag Says:

    Die gawe mense van WordPress was baie mededeelsaam, daarom moet ons ook wees. Freely we receive, freely we give.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: