Godsdiensonderrig op skool

Oktober 18, 2009

Die laaste paar weke was daar ‘n hewige debat oor godsdiensonderrig op skool. Hierdie omstredenheid is veroorsaak deur Prof. George Claasen wat eers gedreig het om skole wat steeds godsdiensonderrig gee hof toe te sleep maar toe sy veldtog laat vaar het.
Ek het ook met groot belangstelling die debat gevolg op Bierpens se webjoernaal Kekkel op die Plaas. Het Christene werklik die reg om godsdiensonderrig op skool te gee? Moet ouers dit nie eerder self doen nie? Verseker stem ek saam met die stelling dat dit allereers die ouers se plig is om hulle kinders reg op te voed volgens die Woord. Daar moet egter ook ter wille van stabiliteit ook ‘n vorm van godsdiensonderrig op skool wees om die grondslag wat die ouers gelê het te versterk.
Die tweede vraag wat tydens hierdie debat opgekom het het gehandel oor wie nou verantwoordelikheid vir ons kinders se godsdiensonderrig moet aanvaar. Moet die regering dit doen? Beslis nie. Die kommunistiese ANC-regime kan onder geen omstandighede met hierdie taak toevertrou word nie. Al wat ons wel van die regering vra is dat hulle alle geloofsgemeenskappe die reg moet gee om self te kan besluit watter geloof of godsdiens hulle in hulle skole wil leer soos wat dit altyd die geval was. Verder moet kerke, gemeenskappe en beheerrade en ouerkomitees by skole self hierdie verantwoordelikheid opneem oor hoe godsdiensonderrig prakties toegepas gaan word.
Verder moet Godsdiensonderrig gegee word deur mense wat vir die taak toegerus is en wat self seker van hulle geloof is. As die onderwyser of onderwyseres self verward is, moet hulle nie godsdiensonderrig gee nie.
Hierdie debat is nog lank nie verby nie. Ons sal nog ‘n lang paadjie moet stap om die regte oplossing vir hierdie dilemma te kry.

5 Responses to “Godsdiensonderrig op skool”

  1. bierpens Says:

    Naand Vuurslag

    Ek sien jy struwel ook met die vraag, maar jy weet net so goed soos ek dat die huidige karukilem (hoe dit ookal gespel word) voorsiening maak vir ‘n vak genoem lewens oorenteering… LO … dit is baie vêr voldoende …

    Hier leer leerders om verdraagsaamheid toe te pas en om lewensvaardige besluite te neem… maar dit dien geen doel om vandag vir my ‘n belofte te maak (1993) en dan more (2000) moet ek uit vind dat niks wat jy my van verseker het sal gestand gedoen word nie…

    Die is ‘n slem set van die ANC om beheer te vat oor ons… deur verantwoordlikheid oor ons eie Godsdiens te aanvaar sal ons meer pro aktief in kerke en ander organiesasies maak …

    Like


  2. […] met myne bind deur middel van skakels nie wil ek net my antwoord wat ek op sy skrywe insake Godsdiens Onderig op skole hier […]

    Like

  3. bierpens Says:

    Ek sien Prof. George Claasen se Webjoernaal is verwyder … intresant … wonder wat het hulle teen hom gebruik om so te ontrek …

    Like

  4. vuurslag Says:

    Ek stem saam dat ons meer pro-aktief binne ons eie gemeenskappe en kerke moet optree. Hierdie is nie die eerste keer dat die ANC-regime ons probeer beheer het deur middel van godsdiensonderrig op skool nie. Daar was al vorige pogings wat gelukkig platgeval het.

    Like

  5. bierpens Says:

    maar my vrees is dat ons hulle die reg gaan gee uit vrees dat ons die “privilage” dalk mag verloor … jy weet daai ding van iets reverse …

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: