Hoes en betaal in die duisternis

Oktober 14, 2009

EVKOM het gister tydens ‘n parlementêre verhoor gevra vir ‘n verhoging van kragtariewe van 45% jaar op jaar tot 2012. As hulle hul sin kry, styg die prys wat ek en jy vir elektrisiteit betaal vir die volgende drie jaar met 45% per jaar. In 2010 betaal ons 45% verhoging op vanjaar se tarief, in 2011 betaal ons 45% op 2010 se tarief en in 2012 betaal ons 45% verhoging op 2011 se tarief. Al julle slim mense wat kan somme maak sal gou sien dat dit op die ou end ‘n aardige bedraggie gaan beloop. DOm alles te vererger te maak is daar voorstelle gemaak dat die sogenaamde rykes weereens meer moet opdok sodat die sogenaamde armes nie die volle verhoging hoef te betaal nie. Baie mense het vanoggend op RSG se sms-lyn gevra hoe hulle gaan bepaal wie is ryk en wie is arm.
Hierdie prysverhoging gaan die grootste deel van ons ekonomie verwoes. Kleiner besighede wat vir baie van ons mense werk verskaf sal hulle deure moet sluit omdat hulle nie noodwendig hulle dienste en produkte se pryse dienooreenkomstig kan verhoog nie. Dit gaan baie meer mense werkloos laat.
Selfs ons groot fabrieke, veral metaalsmelters- en verwerkers gaan ook ernstig geknou word omdat hulle nywerhede groot hoeveelhede elektrisiteit gebruik. Om nie eers van die myne te praat nie.
Die boere gaan ook swaar kry. Waterpompe, droërs en pakhuise is van die toerusting wat die meeste krag gebruik. Boere sal van hulle bedrywighede moet afskaal, werkers moet afbetaal of selfs die boerdery moet stop as hulle nie meer die koste kan dra nie.
Hierdie dinge lei op sy beurt na grootskaalse armoede en onrus.
Dames en here, ek is erg bekommerd.

2 Responses to “Hoes en betaal in die duisternis”

  1. Groot Voet Says:

    Ons begin nou maar eers te betaal vir jare se k@k aanjaag. Sal maar beginne spaar vir daai solar geyser.

    Like

  2. vuurslag Says:

    Ek hoop ons sal nog kan spaar daarvoor as ons nie ons werk verloor het nie.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: