Die kerk en sosiale media

Oktober 13, 2009

Dis interessant om te sien hoedat die NG Kerk se Oostelike Sinode die nuwe sosiale media gebruik om hulle sinodesitting wat hierdie week plaasvind te bemark. Die gewone gemeentelid kan nou sien watter kwessies op die vergadering bespreek word. Die kerk kan ook meer direk met die publiek kommunikeer in plaas daarvan om deur die gevestigde mediakanale te werk wat heel dikwels die kerk se standpunte verkeerd vertolk of nie na behore daaraan aandag kan gee nie weens meer dringende nuusberigte van nasionale belang.
Die sinode het ook ‘n blog op wordpress wat besigtig kan word by sinoos.wordpress.com asook ‘n twitter mikrojoernaal wat by http://www.twitter.com/sinoos besigtig kan word. Mens kan ook op Twitter van die hashtag #sinoos gebruik maak om ander deelnemers aan die sinode se kommentaar te lees of om self kommentaar te lewer.
Die kwessies wat by gister se sinodesitting bespreek is is alles goed en wel, maar ons sal moet wag en sien hoe dit op die ou end praktiese inslag in die kerk se daaglikse bediening gaan vind. Kwessies soos die Christen en omgewingsbewaring, die Christen se getuienis in woord en daad aan diegene binne sowel as buite sy kerkgroep en die invloed van sonde op ons verhouding met God is bespreek. Ek is nogal nuuskierig om te sien wat die kerk op grondvlak gaan doen om hierdie vraagstukke aan te spreek. Gaan die kerk dalk meer betrokke raak by rommelherwinning? Gaan die kerk dalk lidmate aanmoedig om meer eenvoudiger te leef? Gaan die kerk mense aanmoedig om hulle verhouding met die Here te herstel nadat dit deur sonde verwoes is? Gaan die kerk lidmate toerus met die nodige hulpmiddele om meer effektief te getuig?
Hopelik gaan hierdie sinodesitting wat meer as ooit in die openbare oog is meer wol as lawaai oplewer omdat hulle weet die gewone man op straat hou hulle dop.

3 Responses to “Die kerk en sosiale media”

  1. bierpens Says:

    Winde van verandering … ek wou rekkenaars gaan swot gedurende ‘n era toe NG Kerk dit uitgemaak het as die Duiwel van die Kinder Bybel … Vandag klim boudkapertjies op die selfde Kerk se podium en gebruik dieselfde Kerk my platform om hulle medium te verkondig …

    Mag ek nou sê… die Duiwel sit in ons Kerke … ??? Hoekom wil Christene die reg hê om in skole te preek? Is Godsdiens nie iets wat eerder vir verantwoordlikke mense gelos moet word nie…

    Like

  2. Vuurslag Says:

    Hallo Bierpens. Interessante skrywe. Bly om te sien jy het volgehou met jou droom en dat jy rekenaars, die internet en blogs jou passie gemaak het. Die rekenaar self is nie die duiwel nie, maar dis wat jy daarmee doen wat dit goed of sleg maak. Die kwessie van homoseksuele op die preekstoel en in die amp ontstel my ook erg. Die kerk se leierskap is rigtingloos en ons as gewone mense op die grond kan niks doen om hulle daadwerklik tot orde te roep nie. Dis nie net die homoseksueles nie, maar ook ander kwessies in die kerk wat my bang maak. Hier kan jy dalk sê dat die duiwel die kerk ingesluip het. Ek en jy mag wel effens verskil oor godsdiens op skool. Ek glo dat Christene die reg moet hê om hulle kinders op skool godsdiens te onderrig, maar ek stem saam dat mens dit op ‘n verantwoordelike manier moet doen met mense wat vir die taak toegerus is. Ek stem ook saam met een van jou vorige inskrywings op Kekkel dat ouers ook verantwoordelik is vir hulle kinders se godsdiensonderrig. Wat die kerk en sosiale media aanbetref wonder ek of hierdie nie dalk net ‘n klomp mooi praatjies is nie. Ek kan nie dink dat hulle prakties alles sal kan implementeer waaroor hulle gister so mooi op Twitter gepraat het nie. Het nog nie kans gehad om vandag se nuus te gaan lees nie. Partykeer beskryf jy jouself as dik, dikvellig en moontlik disleksies, maar ek weet jou hart sit op die regte plek.

    Like

  3. bierpens Says:

    Ai Vuurslag … Ek vra nie baie van die lewe nie, maar ek voel Godsdiens hoort in die privaatheid van jou binne kamer en Sondae in die Kerk… ek glo regtig nie Die’ regering kan die verantwoordelikheid neem om my kinders Gods diens onderig te gee nie…

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: