Vuurslag

Oor aktuele sake en ander dinge wat my opgewonde maak.

Paul Kruger

Vandag herdenk ons behoudende Afrikaners wat ons kultuur en geskiedenis lief het weer die geboortedag van Paul Kruger. Hy was die laaste president van die toenmalige Zuid-Afrikaansche Republiek, ZAR, ook bekend as die Transvaal. Hy was een van die leierskorps wat destyds gehelp het om die Boerevolk van die Transvaal se vryheid in 1881 terug te kry terug te kry nadat die Engelse Transvaal in 1877 geannekseer het. Nadat goud aan die Witwatersrand ontdek is, het hy ‘n lang en bittere politieke stryd gevoer om die ZAR se vryheid te behou. Hy het selfs tydens die Tweede Vryheidsoorlog nie toegegee nie en het later Europa toe gereis om steun vir die boere se saak te werf. Ongelukkig was dit nie oral ewe suksesvol nie.
Paul Kruger was beslis een van daardie waardige leiers wat dit die moeite werd maak om die goeie uit die verlede te neem en die toekoms daarmee te bou. Mag daar hopelik weer in die toekoms so ‘n leier wees.

3 reaksies op “Paul Kruger”

  1. Ek is bly om te sien nog iemand het onthou van hom. Ek het in 2007 ‘n inskrywing gemaak wat ek jaarliks net op “Sticky note” sit. Ek dink jy sal hou van wat ek by my inskrywing het. 🙂

    Like

  2. Hallo Nikita. Ek het jou inskrywing baie geniet. Goed gedoen.

    Like

    1. Dankie, ek het hom reeds vroeg aand verwyder na sy “ou” plekkie toe, weet nie of jy hom daar gaan kry het nie, want hy was tot laat middag “sticky page”. 🙂

      Like