Bloggers en kopiereg

Oktober 8, 2009

Op 5 Oktober 2009 plaas die redaksie van die bekende Afrikaanse blog Bosparra, te besigtig by http://www.bosparra.com, ‘n prokureursbrief wat namens Media24 aan hulle gestuur is op hulle webwerf. In hierdie brief word hulle geskrobeer omdat hulle glo artikels van Media24 op hulle webwerf gepubliseer het. Sommige artikels is ook vertaal. In die brief word ook skakels aangegee van inskrywings op Bosparra wat die redaksie onmiddellik moet verwyder. Verder word hulle versoek om nie weer materiaal wat deur Media24 geproduseer is op hulle blog te publiseer nie.
Hierdie is voorwaar ‘n interessante verwikkeling vir baie bloggers wat koerantartikels vanaf die koerant se webwerwe gekopieer en dit dan op hulle eie blogs gepubliseer het vir kommentaar deur die blogeienaar en sy/haar deelnemers. Platkuif, Bosparra se hoofredakteur, het in sy verweer aangevoer dat Bosparra ter alle tye erkenning gegee het aan die bron van die artikels wat hulle gepubliseer het deurdat hulle die snelskakel na die oorspronklike artikel op hulle webwerf geplaas het.
Kom ons hoop dat daar spoedig ‘n skikking bereik kan word tussen Bosparra en Media24 rondom hierdie aangeleentheid. So nie, kan hierdie twis verreikende nagevolge vir ander bloggers ook inhou.

9 Responses to “Bloggers en kopiereg”

  1. Pikkie Says:

    Haai aarde, wat ‘n interessante blog! Kan dit wees dat ek dit nou eers raaklees. Goed gedaan. Ek het elke inskrywing tot by Hello world gaan lees. Interessant, op die man af en nooit vervelig nie.!

    Like

  2. Vuurslag Says:

    Hallo Pikkie. Ek is bly jy hou hiervan. In ‘n vroeëre inskrywing het ek genoem dat jy een van die groepie Afrikaanse bloggers op WordPress was wat my ook laat besluit het om te begin blog. Ons getalle het intussen aangegroei tot ‘n groot groep.

    Like

  3. Nikita Says:

    Media24 het nie ‘n saak nie, veral as daar ‘n link geplaas word na hul site. Ek dink hulle het slegs ‘n saak indien die berig vertaal word. As ek hulle berig moet plaas en ek wil vertaal, sal ek slegs vir Engelse lesers kortliks se waaroor die berig gaan. Die wereld “daar buite” is vry en hulle kan nie bloggers keer om hulle aan te haal nie. Dis waarvoor nuus daar is, om die nuus te versprei. Ek is jammer, ek sal my min aan hulle steur, gelukkig is ek nie ‘n “nuus”-blogger nie.🙂

    Like

  4. bierpens Says:

    Platkuif het dit uitgefigure … hy het dit reg gekry … wonder of hulle dit ga laat gly of ga News24 weer ‘n bohaai maak …

    Google News verbied mens direk om enige so iets te doen …

    Like

    • Nikita Says:

      Ek kan nie sien hoe kan news24 ‘n probleem he soos wat Platkuif dit geplaas het nie – tensy hy voorheen geen verwysing gehad het na hulle nie. Ek het 2 keer oor ‘n saak geblog en nuusartikels aangehaal en links na die oorspronklike artikel geplaas – sonder probleme.

      Like

      • bierpens Says:

        Dalk skoei jy nie jou hele blog se sukses op News24 se kliënte se werk nie …
        Dalk gee News24 en ander agentskappe nie om om met jou geassosieër te word nie..
        Wie weet dalk is dit omdat jy ‘n oulikke gesiggie het …

        Like

  5. vuurslag Says:

    Hallo Nikita en Bierpens. Jammer ek kom nou eers by julle uit. Het gaan kyk wat Platkuif gedoen het vir sy skuiwergat. Baie slim. Sal maar wag en sien wat gebeur. Moet erken die arme drommel het my anderdag groot laat skrik.

    Like

  6. Nikita Says:

    haha Bierpens! Ek dink nr 1 is die antwoord… ek blog liewer oor gedigte/skaak/musiek en ander goete as die nuus…en beslis glo ek hulle het geen belang by wat ek blog nie – veral net met 2 beriggies waarvan een oor Mugabie was wat my lekker moerig gehad het. [hehehe]

    Like

    • bierpens Says:

      wel wat ook al as die Media wil geld spandeer gaan net die size van jou wallet jou red… maak nie saak wat is vryheid van spraak en jou Grondwetlikke regte nie….

      Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: