Afriforum toe suksesvol

Oktober 2, 2009

Die burgerregtegroep Afriforum was toe suksesvol in hulle veldtog om Nestlé te ooreed om nie meer melk aan te koop by ‘n Suiwelplaas wat aan GRace Mugabe behoort nie. Hierdie ooreenkoms is gister bereik tydens ‘n vergadering in Johannesburg. Nestlé Zimbabwe het egter gewaarsku dat hierdie besluit tot ‘n tekort aan melk en suiwelprodukte kan lei omdat hhulle van net ‘n klein groepie suiwelboere melk kan aankoop. Kom ons hoop hulle hou hulle beloftes. Geluk Afriforum.

2 Responses to “Afriforum toe suksesvol”

  1. Krista Says:

    Nestle het gewoonlik hulle melk by die Zim melkraad bekom. Toe gaan daar iets fout en hulle koop direk by die plase. Toe sorteer die melkraad hulle poefies uit en Nestle koop nou weer by Zim se melkraad – al die pad nog by dieselfde plase (waar kry die melkraad hulle melk vandaan?).

    The more things change, the more they stay the same . . .

    So Nestle het opgehou met wat?

    Like

  2. vuurslag Says:

    Dis ongelukkig ook weer waar. Die Zimbabwese regering het al voorheen in die verlede hulle graanraad ook gebruik om te knoei met die verkope van produkte. Dalk moet jy hierdie kwessie by Afriforum aangee sodat hulle dit verder kan vat.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: