Nog mobiele webwerwe vir jou rekenaar

Augustus 14, 2009

Ek het al voorheen geskryf oor miniwebwerwe wat vir sowel jou selfoon as vir jou rekenaar geskik is. Hier is nog twee van hulle.
Ek het in die laaste tyd van rss voer gebruik gemaak om by al my gunsteling webwerwe en blogs uit te kom. Diegene wat al Googlereader op hulle rekenaars gebruik het, sal saamstem dat die bladsye soms baie lywig kan wees. Die goeie nuus is egter dat jy ook die mobiele weergawe van Googlereader op jou rekenaar kan gebruik. Gaan na http://www.google.com/reader/m waar jy ‘n baie ligter, kleiner en vinniger bladsy sal kry.
Diegene wat van die Suid-Afrikaanse sosiale netwerk Blueworld gebruik maak, kan ook Blueworld se mobiele webwerf gebruik. Dis te besigtig by m.blueworld.com waar jy van die basiese funksies kan gebruik maak.
Ek verneem ook dat Facebook ook beplan om ‘n ligter weergawe van hulle webwerf te loods wat as Facebook Lite bekend sal staan. Hierdie stap word glo geneem om Facebook meer kompeterend te maak sodat dit met veral Twitter kan meeding.
Geniet julle tydjie op die net.

%d bloggers like this: