Geluk, Wipneus

Augustus 10, 2009

Vanmiddag op Radio Sonder Grense se internetpraatjie net na halfvyf het Prof. Louis Fourie gepraat oor die rol van die vrou op die web. Toe Amore Bekker hom vra oor goeie webjoernale wat deur vroue bedryf word, noem hy ‘n paar goeie Engelse webjoernale, maar noem ook dat een van sy top Afrikaanse webjoernale Wipneus s’n is. Hy het albei haar webjoernale genoem, by name Onder die Maan en Sterre, te besigtig by onderdiemaanensterre.wordpress.com, en wipneus.co.za. Dis voorwaar ‘n prestasie om so hoog aangeprys te word op nasionale radio deur een van ons top internetkenners. Al die besonderhede van die webwerwe wat vandag gemeld is sal môre op RSG se webwerf beskikbaar wees. Jy kan dus verwag om nog meer verkeer op jou blogs te kry. Nogmaals baie geluk.

3 Responses to “Geluk, Wipneus”

  1. Wipneus! Says:

    Baie dankie Vuurslag! 🙂

    Like

  2. Vuurslag Says:

    Dis ‘n plesier Wipneus. Doen so voort.

    Like


  3. […] baie dankie  Prof Louis Fourie vir die vermelding van my blogs.    Dankie ook aan Vuurslag en vir  almal  se  e-posse wat ek hieroor ontvang […]

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: