Vuurslag

Oor aktuele sake en ander dinge wat my opgewonde maak.

Die ponies galop voort op WordPress

Toe ek vanoggend soos gewoonlik op WordPress in Afrikaans kom inloer om te kyk wat die bloggers alles kwytgeraak het, sien ek toe dat Yolanda Barnard nou ook haar eie blog het. Julle nuuskieriges kan dit gaan beloer by yollie.wordpress.com waar dit vanoggend een van die top blogs was.
Ja, dis daardie einste Yolanda wat die siele van verskeie van ons beroemdes en geliefdes in die vermaaklikheidswêreld se siele so ‘n paar maande terug lelik vergal het met haar skinderboek waarin sy na bewering al die skandes van die sterre onthul het. Yolanda Barnard is ‘n bekende joernalis wat haar hoofsaaklik toespits op skindernuus en geelpersjoernalistiek. Sy het al vir Sondagkoerante geskryf en ook ‘n skinderprogram op TV aangebied. Nou sit sy haar skinderpraatjies op WordPress voort.
Ou Bierpens, een van ons medebloggers, het al voorheen gewys op die noue verbintenis tussen Yolanda en Platkuif, die hoofblogger van Bosparra, te besigtig by http://www.bosparra.com. Ek het nog altyd daaroor gewonder totdat ek gesien het wie op haar blog kommentaar lewer. Ou Platkuif was een van die eerstes om kommentaar te lewer.
Hierdie nuwe verwikkeling laat natuurlik ‘n paar vrae ontstaan. Gaan die hele wêreld nou kan sien hoe Yolanda en die res van haar soort te werk gaan om die nare skindernuus in die hande te kry?
Gaan daar dalk lastersake uit hierdie blog van haar voortspruit? Toe haar skinderboek destyds gepubliseer is, was daar van die sterre wat gedreig het om haar hof toe te sleep. GAan hierdie blog dalk die laaste strooi wees wat die kameel se rug gaan breek? Slegs die tyd sal leer.

3 reaksies op “Die ponies galop voort op WordPress”

  1. Hi Vuurslag

    As Bierpens nou al ooit van perspektief gehoor het …. jy het dit ….

    So al ou Pensie geskree het glad nie op dowe ore geval nie … Is lekker om te sien dat so baie mense se oë oop is … Bierpens lees Litnet, WordPress … omtrent orals is die mense besig om stand punt in te neem oor die aftakeling en belediging van celebs….

    Goeie ding of nie … dit gaan baie intresant raak …

    Like

  2. Hallo Bierpens. Hierdie dinge gaan voorwaar nog interessant word. Ons sterre is nie engeltjies nie, maar dis regtig nie nodig dat sy hulle moet beskinder nie. Soos jy al gesê het, sy en die modderprins het al baie trane laat vloei.

    Like

  3. Vuurslag

    Ek is niks blind vir die voete van klei van ons plaaslikke en oorsee se akteurs en popsterre nie… but I am preaching to the converted …

    any way … ek wonder of Yollanda Barnard regtig betrokke is by http://www.yollie.wordpress.com …. ou Platkuif kap haar ‘n ignore op sy lys van afrikaanse blogs … ek hoor wat jy sê hy was een van die eerstes om yollie welkom te heet, maar die blog wêreld is ‘n baie donker en skynheilige plek …

    Like