SAUK TV-nuus ly swaar onder staking

Julie 29, 2009

Twee van die vakbonde wat SAUK-werknemers verteenwoordig het vandag met ‘n wegbly-aksie van twee dae begin. Sommige van die SAUK se nuusprogramme is negatief geraak. Die nuus en aktualiteitsprogram op Nkosi FM, die SAUK se radiostasie wat Zoeloesprekende luisteraars bedien kon nie vandag uitgesaai word nie. Die staking het ook sy merk gelaat op vanaand se nuusuitsending van die Afrikaanse Nuusbulletin om seweuur vanaand. Die uitsending het later as normaal begin, daar was baie advertensies vertoo, slegs enkele berigte is gebeeldsend en slegs die helfte van die bulletin is uitgesaai. In die tyd wat die tweede Helfde uitgesaai moes word is ‘n string advertensies, ‘n woordelose weervoorspelling en ‘n lokprent vir die film Harry Potter and the Halfblood Prince vertoon. Al die ander vooraf verfilmde programme het gelukkig voortgegaan soos normaal. Gelukkig is uitsendings op Radio Sonder Grense nie geraak nie.
Televisiedienste is dikwels meer gevoelig vir so ‘n staking omdat daar meer tegniese personeel by ‘n televisie-uitsending betrokke is. Ek hoop net dat die SAUK en vakbonde spoedig tot ‘n vergelyk kan kom oor hulle loondespuut. Daar is natuurlik ook sommige onder ons wat bly is omdat die ANC se propagandasmoel gedeeltelik stil was. Ek kan nogal met hulle simpatiseer. Ek moet erken hierdie staking laat my kriewelrig voel. As die SAUK se uitsendings heeltemal moet gaan staan, sal ons van onafhanklike media en die internet afhanklik wees vir ons nuus. Kom ons hoop vir die beste.

One Response to “SAUK TV-nuus ly swaar onder staking”

  1. vuurslag Says:

    Die Sauk het gister ‘n loonooreenkoms geteken met een van die drie vakbonde wat ‘n loondespuut verklaar het. Die ander twee vakbonde, juis hulle wat aan die wegbly-aksie deelgeneem het, moet nog besluit wat hulle gaan doen. Dit klink egter of hulle nog nie tevrede is met die SAUK se aanbod nie.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: