Stakings en vandalisme

Julie 27, 2009

Die staking van munisipale werkers het vandag in alle erns begin. Die stakers het na munisipale kantore opgemarsjeer om hulle griefskrifte te oorhandig. So ver soos wat hulle gaan het hulle vullisblikke omgegooi en rommel in die strate gestrooi. In sommige dorpe het hulle selfs so ver gegaan om van die rommel wat hulle uitgegooi het aan die brand te steek. Hierdie staking is al klaar erg genoeg, maar as daar eers rommelstrooiery, brandstigting en vandalisme van geboue en voertuie ook bykom, raak dit nou eenmaal te erg. Kan hierdie werkers dan nie staak sonder vandalisme en openbare geweld nie. Daar is ‘n onrusbarende klimaat van wetteloosheid besig om in ons land te ontwikkel.

One Response to “Stakings en vandalisme”

  1. vuurslag Says:

    Die munisipale staking het darem gister, 31 Julie, tot ‘n einde gekom. Die vakbonde moes toe SALGA se aanbod van ‘n 13% verhogin aanvaar in plaas van die 15% wat hulle oorspronklik wou gehad het.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: